Kos + wyn

Tortillastapel met ham

Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
  • 6 - tortillas
  • 250 ml - kaassous (koop klaar of maak self)
  • 12 - snytjies sigeunerham
  • 2 - rooiryp tamaties, in skyfies gesny
  • 1 - ryp avokado, in skyfies gesny
  • 1 - klein rooi ui, fyngekap
  • 250 ml - gerasperde mozzarellakaas

Oondtemperatuur: 200 °C

Voorverhit die oond. Pak die ses tortillas uit op jou werkblad en smeer 'n lepel kaassous oor elkeen. Rangskik die ham en tamaties oor drie van die tortillas en rangskik die avokadoskyfies en rooi uie oor twee (hou een tortilla skoon). Strooi kaas oor al ses. Stapel nou die tortillas versigtig op mekaar (begin met 'n ham-en-tamatietortilla en wissel die twee vulsels af) in 'n oondvaste bak. Eindig met die skoon kaastortilla. Bak die stapel vir sowat 20 minute of tot die kaas borrel. Sit voor in skywe.

Wenk

So 'n stapel is ook heerlik met gerookte of gevlokte oorskiethoender of selfs bolognese en boontjies tussen die lae.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM