Vir die kleinspan! Stokkielekkers vir Valentynsdag

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 - vanieljepeul
  • 330g (410ml) - suiker
  • 125 ml - vloeibare glukose
  • 125 ml - water
  • 2,5 ml - voedselkleursel
  • 20 - stokkies

1 Skraap vanieljesaadjies uit die vanieljepeul. Meet die suiker en glukose af.

2 Plaas die suiker, glukose en water in'n kastrol. Roer oor matige hitte tot al die suiker opgelos is en was die suikerkristalle van die kant van die kastrol af.

3 Kook dan tot hardekraakstadium (154°C op 'n suikertermometer). Toets dit so: Drup die mengsel in koue water. As dit reg is, sal die stroop drade maak wat hard en bros is en dit sal soos ys breek. Verwyder die stroop van die hitte.

4 Smeer hartjiekoekiedrukkers liggies met olie en pak die koekiedrukkers op 'n vel bakpapier op 'n bakplaat.

5 Roer die voedselkleursel by die stroopen giet dit dadelik in geoliede vorms. Laat staan dit sowat 5-10 minute om te stol.

6 Druk die hartjies uit die koekiedrukkers uit en sit die stokkies aan die hartjies vas met 'n bietjie van die oorblywende stroop. As die stroop hard geword het, verhit jy dit net weer oor matige hitte tot dit smelt. Laat die lekkers hard word - dit sal sowat 10 minute neem. Draai die stokkielekkers in sellofaan toe as jy wil, of bind 'n lint om elke stokkie en pak dit in 'n blik.

Wenke

  • Vloeibare glukose is by supermarkte en apteke te kry.
  • Moenie kleefwerende sproei op die vorms gebruik nie, want dit sal die lewensduur van die vorms verkort. Smeer hulle net baie liggies met olie.
  • Koop 'n suikertermometer as jy kan. Dis 'n nuttige stukkie kombuistoerusting wat jou nog baie gaan help as jy graag met suikerstroop werk.

Kookstadiums

  • sagtebal (soos fudge) 112-116°C
  • hardebal (soos nougat) 121-130°C
  • hardekraak (soos stokkielekkers) 149-154°C

Die stokkie-lekkervormsop die foto is beskikbaar by spesialiteits- kombuiswinkels en vergemaklik die proses aansienlik.

Sonja Jordt

SPELETJIES VANDAG

CTA