RESEP | Varkblad met appel en sider

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 2kg - stuk varkblad, vel ingesny in dun repies met ’n skerp mes
  • - sout en peper
  • 2 - uie, dungesny
  • 2 - wortels, geskil en in ringe gesny
  • 3 - takkies tiemie
  • 3 - lourierblare
  • 1 - steranyspeul
  • 2 - naeltjies
  • 250ml - droë appelsider
  • 350ml - hoenderaftreksel
  • 30ml - olyfolie
  • 2 - groen of pienk appels, geskil, ontpit en in kwarte gesny

1. Voorverhit die oond tot 220 °C. Vryf die vel en die vleis van die blad goed in met sout en peper. Sit die ui, wortel, kruie en heel speserye in 'n oondpan waarin die vleis knus pas en plaas die blad bo-op. Rooster die vleis vir 30 minute om die krakeling aan die gang te kry.

2. Draai die temperatuur af na 160 °C. Voeg die vloeistof versigtig by sodat die vleis in die sous lê sonder dat die vel daaraan raak. Bedek die bak met 'n dubbele laag foelie en rooster vir 3 uur.

3. Verwyder die foelie, voeg die appelkwarte by en bak oop vir nog 30 minute. Oordeel of jou krakeling bros genoeg is; indien nie, span jou roosterelement versigtig in. Skep die vleis dan uit op 'n mooi dienbord en hou warm.

4. Maak die vleissous Giet die pansous deur 'n sif om al die stukkies te verwyder en skep die meeste vet af. Vul die vloeistof aan om 350 ml te maak. Klits 15 ml van die afgeskepte vet saam met 15 ml meel by die inhoud van die oondbak (direk op die stoofplaat) om 'n roux te vorm soos wanneer jy witsous maak. Sodra dit skuim, klits jy die behoue pansous met 'n ballonklitser by.

Kook die sous tot verdik. Proe en geur na smaak met sout en peper. 'n Skeutjie room is 'n opsionele eksta vir 'n dekadente sous. Sit dit voor saam met die varkvleis.

Johane Neilson

SPELETJIES VANDAG

CTA