Kos + wyn

Vonkelende viering in Franschhoek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

As jy die heerlikheid van plaaslike Cap Classique-wyne geniet of graag soms aan 'n glas of twee Franse sjampanje wil teug, hou jy duidelik van vonkelwyn. Dan is die Franschhoek Cap Classique & Champagne-fees vir jou.

Daar is nie 'n beter manier om die begin van die somer te vier as om einde November in hierdie Bolandse dorp deur te bring en die heerlikheid van vonkelwyn met die klanke van skietende kurke te geniet nie.

Tof jou gerus op vir die dag, want daar is ook 'n kompetisie om te bepaal wie die beste aangetrek is. Vanjaar se tema is geblomde elegansie.

Benewens die heerlike aanbieding van vonkelwyne, sal daar ook musiekvermaak wees deur die Majozi Band en die Absolute­ly Fabulous Duo.

Plaaslike restaurante en verskeie opwip-kosstalletjies sal daar wees om die kulinêre aanbieding van Franschhoek ten toon te stel met verskeie disse wat 'n Franse invloed sal hê.

By jou aankoms sal jy 'n vonkelwynglas en 10 proekoepons kry om op die dag te gebruik.

Met hierdie koepons kan jy die verskillende Cap Classiques gaan proe.

Die sjampanjes sal nie te proe wees nie, maar jy kan 'n glas of bottel daarvan koop om te geniet. Jy kan van die Cap Clas­siques ook koop.

Wanneer? Saterdag 30 November van 11:00 tot 17:00 en Sondag 1 Desember van 11:00 tot 16:00.

Waar? Die Hugenote-monument, Franschhoek.

Kaartjies: Dit kos R450 vir die Saterdag en R400 vir die Sondag. Koop jou kaartjies aanlyn op www.webtickets.co.za. As jy met jou Capitec-kredietkaart koop, kry jy 'n R50-afslag.

Meer inligting: Besoek www. franschhoekcapclassique.co.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM