Beeld se gewilde Wen 'n vakansie-kompetisie begin Maandag en vier gelukkige lesers gaan 'n droomvakansie op 'n eiland wen in samewerking met World Leisure Holidays, of by die TO Strand-vakansieoord in Port Edward of by die Lazy Leopard in Rheenendal Ramble in Knysna.
Om in aanmerking te kom vir die pryse moet Beeld-lesers elke dag van 11 Maart tot 5 April Beeld koop.

Beeld borg 'n R35 000-geskenkbewys vir 'n eilandvakansie wat onder World Leisure Holidays se oorde val. Die prys sluit reisgeld van R5 000 in en die wenner kan uit enige van World Leisure Holidays se vakansieoorde kies. As die wenner 'n Beeld-intekenaar is, is daar nog R5 000 op die spel.
Daar is ook twee vakansies by die TO Strand-vakansieoord om te wen. Twee wenners kan elk vyf nagte se midweek-verblyf vir vyf mense wat deel by die oord, asook R4 000 se sakgeld, wen. Hier kan Beeld-intekenare 'n ekstra R2 000 in hul sak steek.
Een gelukkige wenner gaan 'n selfsorg- romantiese naweekwegbreek vir twee mense wat deel, by die Lazy Leopard in die Tuinroete by Knysna wen wat R4 000 se sakgeld insluit en 'n ekstra R2 000 as die wenner 'n Beeld-intekenaar is.
Oor 20 dae van 11 Maart tot 5 April moet Beeld-lesers die versteekte plakstukke in die koerant soek en dit uitknip.
Vul die vorm in wat ook in die koerant verskyn en koerier dit voor 19 April na Beeld by Beeld Bemarking, Pretorialaan 272, Ferndale, Randburg 2194.
Jy kan ook jou vorm voor die sperdatum self aflewer by Beeld se kantoor in Ferndale of by Beeld se kantoor by Atterbury Business Park, Frikkie de Beer-straat 19, Menlyn, Pretoria.
Slegs oorspronklike vorms en plakstukke word aanvaar. Meer inligting oor die bepalings en voorwaardes van die Wen 'n vakansie-kompetisie is op Beeld se Facebook-blad beskikbaar of stuur e-pos na kompetisie@beeld.com om die bepalings en voorwaardes só te bekom.




















