Motors

Mazda BT-5 EDGE 2010

Hou die blink kant bo

Die beperkte uitgawe Mazda BT-50 Edge is dalk nou beskikbaar in kleure soos Frozen White, Ocean Blue en Moondust Silver, maar in wese is dit dieselfde as die 3 liter-dubbelkajuit-4x2 SLE (handrat).

Net 300 van dié “opgedolliede” BT-50 SLE’s is beskikbaar – en vir die voorreg om een te besit, sal jy R11 500 meer moet opdok as vir ’n standaard-SLE.

Dit lewer dieselfde krag en wringkrag as die standaard-SLE (115 kW teen 3 200 r.p.m. en 380 Nm teen 1 800 r.p.m. onderskeidelik), en die enigste werklike veranderings is ontwerpverbeterings.

Blink/Koel ontwerpekstras pronk op die onderste voorste hoeke van die voorste deure, op die metaalsystroke langs die treeplanke sowel as die dekseil. Chroomdetail op die syspieëls en ’n sportstaaf en treeplankbeskermers van vlekvrye staal is nog ekstras.

Binne het die Edge swart leer met elektriese blou insetsels – dit word in die deurpanele herhaal – en die voorste matjies is spesiaal geborduur.

’n CD-wisselaar met plek vir 6 skywe en MP3-koppeling, ’n ekstra kragpunt, lugversorging, elektriese vensters en spieëls, sowel as afstandsluitbeheer is deel van die pakket.

Hoeveel? R345 000

Oorspronklik gepubliseer in WR#18 | April-Mei 2010

Nadine Thomson

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM