Eerste indrukke:Danksy ’n gesigsontrimpeling is daar wel ’n hand vol subtiele estetiese veranderinge (en een of twee funksionele en tegniese veranderinge), maar hoewel die nuwe voorkant nogal trek na ’n Honda CR-V s’n, is dit steeds onmiskenbaar ’n M-Klas.Wat’s anders?’n Nuwe voorkant (nuwe stamper en kopligte, ’n groter en laer verkoeler, en ’n nuwe sierrooster); ’n opgedolliede agterkant; ’n nuwe stuurwiel (meer veeldoelig en prakties, chroomafgewerk en maklik bereikbare ratspane); groter kantspieëls; herontwerpte sitplekke; nuwe elektronika; verbeterde veiligheidseienskappe (antisiperende Pre-safe-veiligheidstelsel en Neck-pro-kopstutte.En wat’s dieselfde?Die enjins van die vorige generasie word gebruik, maar hulle is nou glo meer brandstofdoeltreffend (tot 0.4 liter per 100 kilometer). Die 4Matic permanente vierwieldryfstelsel en 7G-Tronic automatiese transmissie word ook weer gebruik.O ja!Die ratspane op die stuurwiel is nie meer so versteek nie; die opsionele satellietnavigasiestelsel het nou glo beter kaarte van die buurlande; met die DSR-funksie (downhill speed regulation) kan jy die spoed stel (so laag as 6 km/h) waarteen jy teen ’n heuwel wil afkruip.Hmm…Die standaard-noodwiel is van die dun Marie-beskuitjie-soort (jy kan ’n volgrootte noodwieldraer agterop laat aanbring, maar dit gaan jou R12 600 ekstra kos); daar is nie ’n voetrus vir jou linkervoet nie; die 95 liter-brandstoftenk is ietwat min vir die ML 500 se magtige 5.5 liter-enjin; dit het nie laestrek nie (jy kan ’n veldrypakket – laestrek, voorste en agterste ewenaarslot, shift-on-the-fly – teen ’n ekstra R16 800 laat insit).Dis die klein dingetjies:Die opsionele satellietnavigasiestelsel dek nou die buurlande, sowel as 550 000 km se paaie in Suid-Afrika – selfs die watergate in die Kruger is daarop.Op die agtersitplek: Vir R29 000 ekstra kan jy belê in agtersitplek-vermaak om kinders stil te hou: twee agtduimskerms, oorfone en DVD-afstandbeheer vir die kinders.Mededingers:Audi Q7 (R583 500-R738 500), BMW X5 (R586 000-R702 000), Volkswagen Touareg (R505 000-R792 000), Range Rover (R740 000-R1 070 000), Porsche Cayenne (R695 000-R1 695 000) WegRy sê:
Dis nog steeds begeerlik, luuks en veilig en het al die tierlantyntjies waaraan jy kan dink. Die veldrypakket is ekstra, maar wil jy regtig hiermee op safari gaan en dalk net die bakwerk krap? – Barnie Louw
DIE FEITEMODELLE en PRYS: ML 320 CDI R635 000ML 350 R625 000ML 500 R725 000WAARBORG/DIENSPLAN:Die MobiloDrive 120 onderhoudskontrak is standaard op alle Mercedes-Benz-passasiersmodelle.ENJIN:3.5 liter V6 en 5.5 liter V8 petrolenjins;3 liter V6 dieselenjinRATKAS:7G-Tronic outomatiese transmissie;4Matic permanente vierwieldryfstelselKRAG: 165 kW @ 3 800 r.p.m200 kW @ 6 000 r.p.m.285 kW @ 6 000 r.p.m.WRINGKRAG:510 Nm @ 1 600-2 800 r.p.m.350 Nm @ 2 400-5 000 r.p.m.530 Nm @ 2 800-4 800 r.p.m.NADERINGSHOEK: 27° (ML 500: 25-31°)VERTREKHOEK:26° (ML 500: 24-29°)












