Motors

Suzuki Grand Vitara 2008

Eerste indrukke: Sy voorkoms is netjies en hedendaags sonder om uitspattig te wees, en die binneruim is prakties uitgelê in duursame materiaal.Wat’s anders? Die enjins is groter en sterker – jy kan kies tussen ’n 2.4 liter en ’n 3.2 liter (albei petrol). En daar’s nou onafhanklike vering agter wat ’n sagter rit verseker.En wat’s dieselfde? Hy het steeds ’n laestrekratkas, maar jy aktiveer dit nou met ’n skakelaar, nie ’n hefboom nie.O ja! Ons het lanklaas ’n 4x4 met ’n laestrekratkas gery wat só vasvoetig op ’n grondpad loop as jy die lepel taamlik diep trap. Sy stuur is akkuraat en jy voel die heeltyd asof jy in volle beheer is.Ja, maar … Die 3.2 liter se outomatiese ratkas is nie altyd mooi seker in watter rat hy wil wees nie.Dis die klein dingetjies: Alle Vitaras het outomatiese lugversorging – jy kies die temperatuur en die kar doen die res.Op die agtersitplek: Gordynlugsakke, drie sitplekgordels en ISOFIX-kinderstoel-ankers beskerm jou spruite.Mededingers:Subaru Forester (R255 000-R361 000), Toyota Fortuner (R309 200-R374 100), Jeep Cherokee (R299 900-R369 900)WegRy sê: Ons is nou nie jaagduiwels nie, maar soms wil ’n mens ’n bietjie aanstoot – veral as jy op Namibië se mooi grondpaaie ry. Die Grand Vitara boesem vertroue in wanneer jy dit wel doen. – Justus Visagie

DIE FEITEMODELLE:

  • 2.4i (handrat);
  • 2.4i (outomaties);
  • 3.2i V6 (outomaties)

PRYS: R269 900-R323 900WAARBORG/DIENSPLAN: Waarborg: 3 jaar / 90 000 km; Diensplan: 6 jaar / 90 000 kmENJIN: 2.4i VVT / 3.2i V6RATKAS: Vyfspoed-handratkas of vierspoed-outomaties vir die 2,4 liter, en vyfspoed-outomaties vir die 3,2 liter.KRAG:

  • 122 kW @ 6 000 r.p.m.
  • 165 kW @ 6 200 r.p.m.

WRINGKRAG:

  • 225 Nm @ 4 000 r.p.m.
  • 284 Nm @ 3 500 r.p.m.

NADERINGSHOEK: 29°VERTREKHOEK: 27°GRONDVRYHOOGTE: 20 cmOorspronklik gepubliseer in WegRy #9 | Okt-Nov 2008

Nadine Thomson

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM