Motors

Toyota Land Cruiser Prado 2010

Die druk van ’n knoppie ...

Toyota sê die nuwe Land Cruiser Prado, wat binne die volgende maand of wat in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees, is een van die tegnologies gevorderdste veldryvoertuie ter wêreld, maar dis terselfdertyd maklik om te bestuur.

Die nuwe vyf- of driedeur-Prado (met vyf of sewe sitplekke) word aangedryf deur ’n opgeknapte 3 liter-D-4D-dieselenjin, ’n 2,7 liter-2TR-FE-petrolenjin of ’n 4 liter-V6 Dual VVT-i-petrolenjin.

Buiten die nuwe voorkoms, kan jy die volgende verwag:

  • Aangepaste vering vir ekstra rygerief en beter hantering;
  • Topmodelle het ’n nuwe elektroniese Kinetic Dynamic-veringstelsel (KDSS), wat die voorste en agterste teenrolstawe verstel vir beter verrigting op teer en in die veld;
  • Die veelterreinverstelling (Multi-terrain Select) beheer kraglewering en remvermoë outomaties vir beter verrigting in uiteenlopende veldryomstandighede;
  • Die Steering Angle Display wys jou hoe jou wiele gedraai is, en voorspel ook die wiele se roete;
  • Met kruipbeheer (Crawl Control) kan die bestuurder uit vyf verstellings kies om ekstreme omstandighede met selfvertroue baas te raak
  • – sonder om aan die versneller of remme te raak;
  • Die agterluik het ’n glasdeur wat na bo oopmaak, sodat jy in die laairuimte kan kom, selfs al is die ruimte rondom die agterkant beperk;
  • ’n Afsonderlike lugversorgingseenheid vir die agterste sitplekke.

Hoeveel? Teen druktyd was die pryse nog nie bekend nie.

Lees ook: 2010 |

Oorspronklik gepubliseer in WegRy #15 | Okt-Nov 2009

Nadine Thomson

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM