Audi, die Duitse vervaardiger van luukse voertuie met sy wortels inIngolstadt, Beiere, het pas sy grootste sportnuts vernuwe. Die Q7 is die eerstekeer in 2007 bekend gestel en die tweede geslag het in 2015 sy verskyninggemaak.
Sedertdien is die Q7 twee keer opgedateer, maar in sy huidige gedaanteis hy al 10 jaar oud, wat beteken dis net 'n kwessie van tyd voor ons'n derde geslag kan verwag.

Wat is nuut?
Die grootste verskille tussen die jongste Audi Q7 en die model watin 2020 vernuwe is, is voor- en agterlangs te sien met die buffers wat veranderis om nuwe ligte te huisves. Audi het in 2020 LED-ligte standaard aangebied, endit is ook die geval met die nuwe model, maar nou kan jy opsionele digitaleOLED-agterligte (R23000) en hoëdefinisie-LED-hoofligte met laserstrale (R19500) bestel as diestandaardligte nie modern genoeg is na jou smaak nie.
En nee, die lasers in die hoofligte gaan jou nie in staat stel omaartsvyande te verkool nie; slegs 1 uit altesame 25 diodes per lig kan'n laserstraal projekteer, en die doel daarvan is om 'n blouerigeglans te skep. Dis uitsluitlik kosmeties en jy is nie die Britse geheime agentJames Bond wat 'n "Q-007" ry nie.
Die kleur van die OLED-agterligte - dit staan vir Organic Light-EmittingDiode - verander van rooi na oranje wanneer jy 'n flikkerlig aansit, endie ligte gloei helderder wanneer 'n padgebruiker agter jou té na aan jouQ7 ry.
Ander opdaterings is nuwe wielvellings om uit te kies, 'n nuwesierrooster met byekorfpatrone eerder as vertikale gleuwe, en groter luginlatevir die voorste remskywe. Buiten dit is daar min veranderinge buitelangs engeen noemenswaardige veranderings aan die binneruim nie.
Daar is twee afwerkingsvlakke: die Platinum wat ons hier bespreek envertoon, en die Black Edition wat R30000 meer as die Platinum kos omdat Audi byna al die chroom swartverf.

Mededingers
Audi se Q7 ding mee met die BMW X5 M50i, die Porsche Cayenne enMercedes-Benz se GLE 450 4Matic. Die BMW en Mercedes is elektronies beperk tot'n topspoed van 250km/h terwyl jy die Cayenne tot by 273km/h kan druk.
Die BMW X5 versnel die vinnigste tot 100km/h - binne 4,3s, wat meer as 'n sekondevinniger is as die Audi Q7 se 5,6s. Die BMW en Porsche het albei 'n V8-petrolenjin terwyl die Audi 'n V6gebruik en Mercedes 'n reguitses. Audi se Q7 S-line het wel 'n V8-enjinen hy versnel teen 'n verstommende 4,1s.
Al vier voertuie gebruik permanente allewielaandrywing, turboaanjaers enoutomatiese ratkaste (die Merc het wel 9 ratte teenoor die ander se 8).
Die Mercedes is ook die enigste van die vier wat 7 sitplekkestandaard aanbied terwyl die ander sitplek het vir net 5. Jy kryegter wel 'n sewesitplekweergawe van die Q7, maar dan krimp dielaairuim van 865l tot 740l.
Mercedes gee jou die keuse om 'n laestrekratkas vir jou GLE telaat aanbring, terwyl Audi, BMW en Porsche dalk gaan bulk as jy hulle rygoedvir ernstige 4x4 wil gebruik.

Van die mededingers
Haastige petrolaangedrewe sportnutse met allewielaandrywing

BMW X5 M50i AWD Steptronic R1995958
Die X5 versnel die vinnigste, maar hy's ook die oudste met sy laaste opdateringin 2019.

Porsche Cayenne 3.0 4x4 Tiptronic R2254000
As topspoed, hantering en betroubaarheid vir jou belangrik is, hoef jynie verder te soek as die Cayenne nie.

Mercedes-Benz GLE 450 4Matic R2272427
Die duurste sportnuts hier het ook die grootste binneruim, die meestesitplek en beste ritgehalte.




















