In Suid-Afrika is honderde soorte toervoertuie beskikbaar, en van elkemodel is daar dikwels ook tientalle variante. Dit is om dié rede dat ons nie'n omvattende lys saamstel nie en eerder perke gestel het sodat ons ietssinvols aan jou kan bied.
Die versoeking was byvoorbeeld groot omdubbelkajuitbakkies, bussies en sedanmotors in te sluit - ons dink hier aan hoelekker 'n Audi A8 die langpad sal takel - maar uiteindelik het ons diekollig op sportnutse gehou en 'n prysperk van onder R1 miljoengestel.
Ons noem ook slegs een model per voertuigvervaardiger wat tans opplaaslike vertoonvloere beskikbaar is.
Die vakansiemotors op ons lys moet almal grondpad kan kafdraf, maarhulle hoef nie noodwendig viertrek te hê nie. Daar moet sitplek wees virminstens vyf mense en pakplek vir almal se bagasie, hetsy in die laairuim of in'n dakboks of sleepwa.
Soos ons reeds genoem het, is die lys beslis nie omvattend nie, maarbloot ons mening, gegrond op toetsritte wat ons oor die laaste klompie jareonderneem het. Let wel, ons noem slegs die intreevlakmodelle, en hullespesifikasies is verkry uit amptelike mediavrystellings en die vervaardigers seeie dokumentasie.
Syfers soos grondvryhoogte en voertuigbreedte is aanvegbaar, wantsommige vervaardigers meet die hoogste punt van die onderstel bo die grondterwyl ander die punt die naaste aan die grond gee. Ander, weer, sluit diesyspieëltjies in by die breedte van die voertuig en ander nie. En danpraat ons nie eens van die beweerde brandstofverbruik nie...
Die storie soos dit in dietydskrif verskyn het, is 'n bielie met 23 rygoed en meer as 80 foto's; jy kandit in sy geheel lees op Netwerk24, of die Desember 2024-Januarie 2025-uitgawebestel in ons aanlynwinkel.















