Motors

Nuwe GLB kry ekstra lyf

Mercedes se tweedegeslag-GLB is later die jaar na SA op pad. Die nuts behou sy hoekige voorkoms wat al so kenmerkend van die GLB-gesin geword het.
Der neue Mercedes-Benz GLB: vielseitiger Alltagsheld mit Raum für Spontanität The all-new Mercedes-Benz GLB: a versatile everyday hero with room for spontaneity Mercedes se tweedegeslag-GLB is later die jaar na SA op pad. Die nuts behou sy hoekige voorkoms wat al so kenmerkend van die GLB-gesin geword het. (Mercedes-Benz AG – Communicati/Mercedes)

Mercedes het pas die doek gelig van sy jongste GLB, die Stuttgartse groep se kompakte sportnuts met sy kenmerkende hoekige profiel.

Die tweedegeslag-GLB eggo die vierkantige-ontwerp-tema van die vorige model, sowel as die vroeë 2000’s se GLK, wat as die geestelike voorouer van die huidige GLB’s beskou kan word.

Destyds se GLK was Mercedes se kompakste nuts, maar is net vir een generasie gebou. Met die onlangse oplewing in sportnutse het Stuttgart die klein nuts as ’n konsep weer afgestof, en bied hom nou as die GLB aan.

Benewens die regop-voorkoms wat behou is, asook die vierkantige vensters en regaf luikdeur kenmerkend van die vorige GLB en GLK, ry die nuweling op Mercedes se nuwe MMA-platform.

Dis dieselfde as wat hy in sy CLA-sedan gedebuteer het. Die voordeel van die nuwe platform is dat dit gerat is om as ’n elektriese of ’n petrolgedrewe voertuig diens te doen. Daar is dus reeds plek vir ’n battery in die vloerpan en e-motors op elke as.

Die GLB het in Europa met net twee elektriese modelle die mark getref. Daar sal binnekort ook hibriedmodelle beskikbaar wees.

Twee e-modelle sal aanvanklik in Europa beskikbaar wees, terwyl SA waarskynlik net die hibried-weergawes einde van die jaar sal ontvang.
Der neue Mercedes-Benz GLB: vielseitiger Alltagsheld mit Raum für Spontanität The all-new Mercedes-Benz GLB: a versatile everyday hero with room for spontaneity Twee e-modelle sal aanvanklik in Europa beskikbaar wees, terwyl SA waarskynlik net die hibried-weergawes einde van die jaar sal ontvang. (Mercedes-Benz AG – Communicati/Mercedes)

Frisser e-modelle vir Europa

Van aandrywing gepraat, die basiese e-model (GLB 250+) benut een e-motor op die agteras wat sy krag kry van ’n 85 kWh-battery. Die stelsel bied 200 kW en 335 Nm wringkrag. Die topmodel (GLB 350 4Matic) kry ’n e-motor op elke as, en lewer 260 kW en 515 Nm wringkrag. Die reikafstand vir albei weergawes is net oor die 600 km.

Die hibriedmodelle kombineer ’n turbogedrewe 1.5-liter-petrolenjin met ’n e-motor wat in die agtgang- outomatiese ratkas geïnkorporeer is. ’n Klein 1,3 kWh-battery verskaf die elektrisiteit. Die stelsel bied bloot ’n bietjie ekstra stukrag as jy hard versnel of dryf die motor aan as jy stadig ry, soos wanneer jy parkeer.

Deur met die turbo se kragvlakke te speel sal die hibriedmodelle in drie kragvlakke beskikbaar wees.

Daar’s ’n derde ry sitplekke vir tieners. Die kajuit is heelwat groter, met onder meer 7 cm ekstra beenruimte.
Der neue Mercedes-Benz GLB: vielseitiger Alltagsheld mit Raum für Spontanität The all-new Mercedes-Benz GLB: a versatile everyday hero with room for spontaneity Daar’s ’n derde ry sitplekke vir tieners. Die kajuit is heelwat groter, met onder meer 7 cm ekstra beenruimte. (Mercedes-Benz AG – Communicati/Mercedes)

Heelwat ekstra beenruimte

In die kajuit sien ons Mercedes se nuwe, ekstra breë instrumentpaneel wat bykans van kant tot kant strek. Dit bied ’n digitale skerm voor die bestuurder, ’n sentrale inligtingskerm vir jou nutsfunksies, en ’n derde skerm voor die passasier om video’s op te kyk.

Die nuwe platform beteken die bakwerk het met 5 cm gerek, terwyl die asafstand met ’n fris 6 cm gegroei het. Belangrik genoeg beteken dit dat die beenruimte vir die tweede ry sitplekke met ’n gawe 7 cm gerek het, terwyl daar ook 4 cm meer kophoogte is.

Let op die massiewe raakskerm, wat uit drie inligtingskerms bestaan.
Der neue Mercedes-Benz GLB: vielseitiger Alltagsheld mit Raum für Spontanität The all-new Mercedes-Benz GLB: a versatile everyday hero with room for spontaneity Let op die massiewe raakskerm, wat uit drie inligtingskerms bestaan. (Mercedes-Benz AG – Communicati/Mercedes)

Mercedes sê die derde ry sitplekke agter is nou vir mense van 1,7 m lank geskik, wat basies beteken dis reg vir tieners.

Die nuwe GLB behoort straks net voor die einde van die jaar in Suid-Afrika aan te kom. Die huidige modelreeks bestaan uit twee dieselgedrewe variante, wat net minder as R1,2 miljoen kos.

Spesifikasies: GLB 350 4Matic

Enjin: Twee e-motorsKrag: 260 kWWringkrag: 515 NmBattery: 85 kWhAandrywing: 4x4Reikafstand: 610 km