Motors

SA kry groot veldren

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Suid-Afrika het 'n ronde op die redelik nuwe internasionale veldren-reeks, die World Rally Raid Championship, gekry.

Die internasionale reeks is in 2022 gestig en bring al die groot byeenkomste, soos die Dakar en die Rallye du Maroc, bymekaar in een seisoen. Talle van die grootste veldren-spanne neem aan die kort reeks deel.

Suid-Afrika speel vol­gende jaar gasheer vir 'n ronde van die internasionale veld­ren-reeks. Dit is die­selfde voertuie as wat aan die Dakar-uithouren deelneem. Hier jaag een van die Ford Ranger-bakkies op volle vaart ten tyde van een van die nasionale veldren­reeks se rondes vroeër van­jaar.   Foto: Quickpic

Volgende jaar se kalender bevat slegs vyf byeenkomste: Dit begin met die Dakar-uithouren in Saoedi-Arabië vroeg in Januarie, waarna die Abu Dhabi Desert Challenge einde van Februarie volg.

Suid-Afrika kry die derde­ ronde, geskeduleer vir 18 tot 24 Mei, en sal as die South African­ Safari Rally bekend staan.

Die vierde ronde is die Rally Raid Portugal (22 tot 28 September), terwyl die Rallye du Maroc (10 tot 17 Oktober) die seisoen sal afsluit.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM