Tjeers vir eers, Corolla Quest!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dis die einde van die pad vir die Toyota Corolla Quest, die Japanse groep se sakpas sedan wat dieselfde sakemodel as dié van die VW Polo Vivo gevolg het.
Dis die einde van die pad vir die Toyota Corolla Quest, die Japanse groep se sakpas sedan wat dieselfde sakemodel as dié van die VW Polo Vivo gevolg het.

Een van die beste geheime as 'n waarde-vir- geld-model in die plaaslike mark, Toyota se Corolla Quest, het in Desember stil-stil die einde van sy rakleeftyd bereik.

Die Corolla Quest is by Toyota SA se fabriek in Durban gebou, saam met die Hilux, Fortuner, Corolla Cross en die Ses'fikile-minibus.

Die vervaardiger het bekend gemaak dat hy produksie van die Quest aan die einde van 2024 gestaak het, maar het nog geen planne vir 'n opvolger gegee nie. Die Corolla Quest was altyd 'n baie bekostigbare, maar steeds heel moderne sedan. Die Quest was vir die afgelope twee generasies van die Corolla, die ou-geslag-model wat Toyota SA net aanhou vervaardig het by sy fabriek. Dit was dus dieselfde sakemodel as wat Volkswagen SA met sy Polo en Polo Vivo gevolg het (die Vivo is die vorige generasie van die Polo).

In ons geval is die huidige, nuwe Corolla die 12de generasie. Die huidige Quest is egter die 11de generasie van die Corolla wat Toyota bloot aanhou bou het in sy fabriek (met 'n paar aanpassings om hom goedkoper te maak).

Die eerste Corolla Quest is in 2014 plaaslik bekend gestel, kort nadat die 11de generasie die 10de een opgevolg het. Daardie Quest was dus die 10de-generasie-Corolla, wat as 'n goedkoper weergawe langs die nuwe, 11de-generasie op die vertoonvloere was. In 2020 het Toyota die volgende Quest plaaslik onthul, toe die 12de-generasie-Corolla as nuweling op die mark getree het. Die tweede (en dus huidige) Quest was derhalwe die 11de-generasie-Corolla, wat weer effens goedkoper gemaak is met 'n paar minder luukses in die kajuit.

In wese het kopers 'n moderne sedan gekry teen 'n heel billike prys. Trouens, die huidige Quest se pryse wissel tussen sowat R316 000 en R415 000, wat baie mededingend is.

Die modelreeks bestaan uit drie afwerkingsvlakke. Om die Quest se pryse af te bring, het Toyota onder meer minder klankdigting in die bakwerk benut, terwyl die agterbank se rugleuning 'n soliede eenheid was wat nie in twee dele kon platslaan nie. Die lysie algemene geriefsitems was ook 'n raps korter.

Kopers se smaak vir sedans is aan die taan, en die aanbod weerspieël dit. Die Nissan Almera (2023) en Fiat Tipo (2024) het albei al hul tasse gepak. Kleiner sedans soos die Kia Pegas, VW Polo Sedan, Honda Amaze en Hyundai Grand i10 Sedan is almal egter nog hier.

SPELETJIES VANDAG

CTA