Leef

Neem beheer oor jou borsgesondheid

(Illustrasies: TOQAN KI)

Talle vroue en mans het steeds onbeantwoorde vrae oor borsgesondheid. Dr. Salomine Theron, radioloog en hoof van die Tygervalley Mammography Centre by SCP Radiologie, deel gereelde vrae en duidelike, praktiese antwoorde op die algemeenste bekommernisse – van familiegeskiedenis en selfondersoeke tot mammogramme en nuwe tegnologieë.

Borskanker is een van die mees algemene vorms van kanker wat mense wêreldwyd affekteer, maar dit bly steeds ’n onderwerp wat dikwels met vrees en onsekerheid benader word. Hierdie artikel is daarop gemik om ’n omvattende en toeganklike gids te bied wat lesers sal bemagtig met die kennis wat hulle nodig het om beheer oor hul borsgesondheid te neem.

“Borskanker is nie ’n doodsvonnis nie,” beklemtoon The­ron. “Met gereelde sifting, ’n gesonde leefstyl en toegang tot moderne behandeling, kan die meeste vroue met borskanker ’n vol, gesonde lewe lei. Die sleutel is vroeë opsporing en dadelike aksie.”