Allergieë veroorsaak ook nooit koors nie, terwyl verkoue die liggaamstemperatuur kan laat styg
Hoewel allergieë nie ernstig is nie, kan seisoensallergieë onregstreeks lei tot slegte slaapgewoontes, gehoorprobleme en gebrekkige konsentrasie
Die behandeling sluit in 'n reeks inspuitings met die betrokke allergeen oor 'n lang tydperk sodat jou kind immuniteit teen die allergeen kan opbou.
Suster Jackie, 'n vroedvrou van Bloemfontein en kenner van aanvullende gesondheidsmiddels, beveel graag die vervaardiger Pegasus se Hayfever 30 c aan. Dié middel bevat 'n natuurlike antihistamien en is veilig vir swanger vroue en klein babatjies.
Neussproeie soos Euphorbium van Heel kan ook baie help vir 'n chroniese toe neus in die lente. Wees op die uitkyk vir só 'n aanvulling in gesondheidswinkels.
Suster Jackie sê die antioksidant kwersetien wat natuurlik in uie, groentee, bessies en veral pynappel voorkom, het teenontstekingseienskappe wat ook 'n toe neus kan verlig.
Tuis kan jy seker maak jou kind drink baie water, want dit hou die sinusvliese vogtig.
Simptome van seisoensallergieë
- Jou kind se neus loop en hy snuif gedurig.
- Jou kind vryf sy neus aanhoudend.
- Sy bors fluit.
- Hy hoes sonder ophou.
- Jou kind kry gereeld lugweginfeksies.
- Jou kind nies, veral soggens.
- Sy oë is rooi of dit traan.
- Hy jeuk van sy neus en keel tot sy verhemelte en oë.
- Hy haal oopmond asem en sy lippe is droog.
- Hy is moeg en prikkelbaar.
- Hy het donger kringe onder die oë.











