Ouerskap

Baba-nuusbrokkies

Getty Images
Getty Images

5 Wenke vir onvoorspelbare tye

Wanneer daar 'n baba in jou lewe is, is een ding gewaarborg: Die lewe gaan nie altyd volgens plan verloop nie. Bly só positief en produktief:

  • Bly kalm. Frustrasie en woede gaan nie help nie. Bly eerder rustig en begin oplossings formuleer. Soms kan iets nie reggemaak word nie, maar as jy almal wat geraak word laat weet, kan 'n ander plan gemaak word. Byvoorbeeld, nes jy die huis verlaat, moet 'n vieslike doek eers voorkeur kry. Bel en laat weet dat jy laat gaan wees. Dan kan jy rustig wees en veilig ry. En lag maar daaroor.
  • Klem op die oplossing. As jy nie soggens genoeg tyd het om jou en almal reg te kry vir die dag nie, begin om die vorige aand meer te doen. Stel jou wekker ook 'n bietjie vroeër.
  • Leer delegeer. Begin om klein takies aan ander uit te deel waar jy kan.
  • Verlaag jou standaarde. Dinge gaan nie altyd uitwerk nie - dis nie die einde van die wêreld nie. Dis 'n tydelike fase in jou lewe.
  • Plan B. Die lewe met babas is dikwels onvoorspelbaar. Leer om maar altyd 'n Plan B in jou agterkop te hê om die druk te verminder. Maak seker jy het iemand wat op kort kennisgewing jou kind kan oppas.

RAAKGEKOOP

Lekker vir die kosblik Happy Baby Organic Yogis smelt in die mond. R88,29 by Baby City, Babies R Us, Wellness Warehouse, Clicks, Spar, Pick n Pay en Dis-Chem.

Happy Baby Organic Yogis
Happy Baby Organic Yogis

Tuisgemaak… deur 'n ander ma

Baby Tastes maak al vir meer as 'n dekade lank vars, voedsame kos vir babas en peuters, net soos wat jy dit self sou maak. Vanessa Crichton, die eienaar, is self 'n ma en 'n opgeleide sjef. Gaan gerus na www.babytastes.co.za om jou bestelling te plaas of stuur 'n e-pos na info@babytastes.co.za. Die spyskaarte word gereeld aangepas en daar is sowat 50 geurkombinasies om maaltye interessant te hou. Ons hou veral van die Local is Lekker-reeks, wat jou kleinding aan heerlike geure bekend stel. Die kos kan twee maande in jou vrieskas gehou word.

Getty Images
Getty Images

Hoe oud is jy, nuwe ma?

Die millenniërs - mense tussen 23 en 39 jaar oud - verkies dit om later kinders te kry. Die gemiddelde ouderdom waarop 'n vrou haar eerste baba kry, het in ontwikkelde lande gestyg tot net ouer as 30; in Suid-Afrika ook. In 2018 was dit 28 - toe die hoogste in 20 jaar. BRON: Old Mutual

The Unicorn baby
The Unicorn baby

The Unicorn Baby gaan jou baie leer en jou laat lag ook. Arbeidsterapeut Roxanne Atkinson van Kaapstad het ‘n slag met woorde en duidelik ook ‘n slag met babas. Uit haar ervarings met ‘n wye verskeidenheid ouers en babas het Roxanne tien mites geïdentifiseer wat veral nuwe ouers kan angstig maak omdat dit allerhande onrealistiese verwagtinge skep. Pleks daarvan om te hoop dat jou baba soos die onwerklike eenhoring van die titel optree, is dit veel beter om jou aandag daarop te fokus om jou unieke baba te leer ken, met al sy nukke en grille. R250, Jonathan Ball Publishers.

Pienkvoet-Prettig Aktiwiteitsbokse
Pienkvoet-Prettig Aktiwiteitsbokse

Speel lekker tuis & leer

Pienkvoet-Prettig Aktiwiteitsbokse is ‘n diens wat elke maand ‘n boks propvol ouderdomspesifieke produkte aan jou stuur, wat jy kan gebruik om jou baba speel-speel te stimuleer. Dit kos R315 tot R400 per boks. Vind meer uit by pienkvoetpret.co.za

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM