Ouerskap

Baba-nuusbrokkies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pienkvoet-Pret
Pienkvoet-Pret

Werk vir jouself

Het jou omgewing 'n behoefte aan 'n speelgroepie waar kleuters tussen twee en vyf jaar oud elke dag in 'n veilige, liefdevolle en stimulerende atmosfeer kan speel en leer?

As jy nog altyd daarvan gedroom het om jou eie baas te wees, 'n passie het vir vroeë kinderontwikkeling en die begeerte het om 'n verskil te maak aan kinders en mammas se lewe, is dit die perfekte geleentheid: begin 'n Pienkvoet-Pret 2.0- speelskool in jou omgewing. Kontak Pienkvoet-Pret om by hul dinamiese span aan te sluit. Stuur 'n e-pos aan maritzab@pienkvoetpret2.co.za en gaan na Pienkvoet-Pret vir nog inligting.

So is ouerskap regtig

Die prentjie van ouerskap wat op sosiale media geskep word, klop nie altyd met die werklikheid nie. Drie ma's - Lente Swift, Suzanne Smit en Juanli Theron - het genoeg gehad van mededinging en oordeel.

Ma's behoort mekaar mos eerder te ondersteun! Só is Die Naguilklub gebore: 'n oordeelvrye digitale ruimte waar ma's mekaar inspireer, ondersteun en raad uitdeel. En nou het hulle 'n boek geskryf: eerlik, hartroerend, dikwels skreeusnaaks, en gevul met die soet en swaarkry van ouerskap. Jy sal jouself tussen die blaaie herken. R280, Tafelberg

Blou is vir beskerming

Bioderma se Photoderm Milk (SBF50+) en Photoderm Spray (SBF50+) is spesifiek vir die delikaatste vel geskep. Dit het 'n blouerige kleur sodat jy mooi kan sien waar jy dit aangesmeer het om seker te maak dat jou baba oral beskerm is. Onthou die voetjies en ore ook as jou kind nie 'n hoed wil dra nie.

Die bestanddele is getoets om seker te maak dat dit nie 'n impak het op die see- of varswaterlewe nie. Sommige sonmiddels het 'n verstikkingsuitwerking op koraal, alge en plankton, maar met Bioderma is die omgewing veilig. Die melk kos R325,95 en die sproei R299,95 by uitgesoekte takke van Clicks en Dis-Chem, Superbalist.com, Skinmiles.com, en Dermastore.co.za.

Slaap soet, slaap veilig

Jou baba se slaapomgewing is belangrik en dit begin met 'n goeie matras. Dis heeltemal in orde om 'n tweedehandse bedjie te koop, maar die matras moet nuut wees. Kyk gerus na Sealy se matrasse, wat 'n gratis matrasbeskermer insluit. Dit kos vanaf R2 999; soek die handelaar naaste aan jou by Sealy.co.za.

Baba & Kleuter

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM