Ouerskap

BOEKE | Fees van boeke

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
leeshoekie
leeshoekie

Het jy geweet?

Die uitgewer Jacana se diverse kinderboeke is in al ons landstale te kry, Afrikaans natuurlik ook. Moedertaalonderrig is só belangrik en sulke boeke help baie.

Doen gerus 'n goeie daad en laat weet jou vriendinne of kollegas met 'n Afrika-moedertaal dat hulle pragtige, aangrypende kinderboeke in Xhosa, Zoeloe, Pedi, Sotho, Tswana, Venda of Tsonga kan koop.

En ons moet sê, die pryse is heel skaflik ook.

Gaan snuffel 'n bietjie op jacana.co.za om te sien wat alles te koop is.

NUUSFLITSE

Geletterdheid is 'n fundamentele mensereg.

Tog kan 'n verbysterende 81% van Suid-Afrikaanse graad viers nie met begrip in enige taal lees nie, aldus die Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS) se 2021-verslag.

Verder skat die Wêreldbank dat leerarmoede, wat verwys na kinders wat nie teen die ouderdom van 10 'n eenvoudige teks kan lees en verstaan ??nie, tot 70% gestyg het in lae- en middelinkomstelande, met Afrika suid van die Sahara wat selfs hoër koerse ervaar het: sowat 86%.