Ouerskap

DOEN-DIT-SELF | Sjongololo-sorteerder

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty/Gallo Images
Getty/Gallo Images

BENIDIGDHEDE

• 5 tot 7 toiletrolle

• verf in verskillende kleure

• geel karton vir die kop en pote

• gom

• aanplakogies

• plastiekdoppies in kleure wat by die verfkleure pas

GAAN SO TE WERK

1. Verf die toiletrolle in die verskillende kleure van jul keuse en laat goed droog word.

2. Knip pote en 'n kop uit die geel karton.

3. Plak ogies op die kop om 'n gesiggie te vorm.

4. Plak die toiletrolle aan mekaar vas en plak dan die kop en pote op hul plek.

5. Wys jou baba hoe om die doppies in die toiletrolle te gooi sodat hulle verdwyn.

6. Benoem die kleure gerus - al is jou baba nog te jonk om kleure te leer, sal iets wel vassteek sodat die name van die begrippe (soos rooi of groen) bekend klink wanneer sy ouer is.

7. Leer jou kind wel reeds kleurname? Kies dan primêre kleure vir jul sjongololo, asook swart en wit. Dis die beste kleure om mee te begin.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM