1. 'n Nat bed en broekie is 'n teken dat opgehoopte poef druk op die blaas uitoefen.
2. As jou kind te veel poef - drie keer per dag of meer - wys dit die rektumspiere het al so gerek dat hulle nie hul werk doen nie.
3. Poefglipsies wanneer jou kind al lankal van die doek af is, is 'n teken van hardlywigheid. Soms kan die rektum nie meer die poef inhou nie en kom dit onwillekeurig uit.
4. Was daar 'n poef so reusagtig in die toilet dat jy jou man geroep het om te kom kyk? Dis 'n teken van hardlywigheid!
5. Is klipharde poef soos 'n boomstomp of harde, ronde balletjies reg? Nee, gesonde poef moet sagte slangetjies vorm.
6. 'n Gejeuk en gekrap tussen die boude of poefmerke in die broekie is nog 'n teken. Verstopte kinders sukkel om reg af te vee.
7. Slap poef klink verkeerd, maar soms is dit die lyf se manier om verby die verstopping te kom. Die harde poef sit nog binne vas en die slap poef glip verby.
8. Elke nood is 'n noodgeval. As jou kind aanhoudend bietjies-bietjies pieps, is die oorsaak dalk hardlywigheid.
9. 'n Kind wat ongereeld poef, is moontlik hardlywig. Maar onthou, selfs al poef jou kind elke dag, beteken dit nie noodwendig alles is pluis nie.
10. Maagpyn. Hardlywigheid is die nommereen-rede waarom kinders kla dat hul magie pyn.
11. Al weer blaasinfeksie? Bakterieë uit die oorvol rektum vind hul pad na die blaas


















