Ouerskap

KINDERSPARTYTJIE | Kersiefees

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kersie-partytjie
Kersie-partytjie

Van links is die gesin Duvenhage: ousus Gia (9), Patrick, Minilize en Ava (7).

Partytjiepakkies vol lekkers, kolwyntjies en heerlike gebak het die tafels laat kreun.

'n Soetkoekie, helderrooi bord,
'n Soetkoekie, helderrooi bord,

Die dubbellaag-vanieljekoek is gebak deur Ronel Durling, die ma van Ava se beste maatjie. Die koek is met fondantkersies en -kolle versier.

Oulike kersie-jellielekkers, jellieharte en malvalekkers het die lekkergoedtafel versier.

Die kersie-muurpapier is geprakseer van materiaal wat Minilize raakgeloop het. Die hooftafel is afgerond met pienk en rooi ballonne om 'n partytjiegevoel te skep.

Die fyn stoeltjies is versier met 'n Chinese tossel wat 'n kersie uitbeeld. Op elke maatjie se stoel was 'n aktiwiteitspakkie met krale, hartjies en kersies waarmee hulle hul eie sleutelhouer kon maak om die dag mee te onthou. Die maats het dit vreeslik geniet!

Rooi en pienk het omtrent geseëvier. Teksture, patrone en kontrasterende kleure het gesorg vir 'n treffende prentjie. Die aansittafel is gedek met 'n wit tafeldoek met 'n effense kolle-tekstuur. Eenvoudige groen blare in vase het die tafel verder opgevrolik.

Kersie-partytjie
Kersie-partytjie

Helderrooi koekstokkielekkers en makrolletjies het kersies nageboots en was glo smullekker!

'n Soetkoekie, helderrooi bord, pienk doilie, aktiwiteitsboksie en mandjie gevul met aarbeie het vir elke gas gewag.

Baba & Kleuter

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM