BUITEPRET IDEES
- Bak modderkoekies.
- Bou 'n tent.
- Skiet kettie na 'n klomp ou verfblikke.
- Spring soos 'n padda.
- Swem.
- Speel wegkruipertjie.
- Spring tou.
- Skop bal.
- Ry fiets of skopfiets of stokperd.
- Bou sandkastele.
- Lees 'n vervolgverhaal onder die bome in die park - bietjies-bietjies al om die ander dag.
- Klim boom.
- Maak 'n reënboog met die tuin-slang.
- Speel wielie-wielie-walie.
- Plant blommetjies.
- Blaas borrels.
- Bou landskuns op die grond met natuurelemente soos akkers, stokkies, bessies, blare.
- Rol van 'n heuwel af.
- Maak gereeld tuin nat.
- Hou 'n skemerpiekniek op die gras.
- Lê op jul rug en vind beelde in die wolke.
- Trek onkruid uit.
- Vang insekte en hou hulle dop in 'n goggahok.
- Hou 'n skattejag in die aand met speelgoed wat kan gloei.
- Balanseer op 'n muurtjie of randsteen.
- Gooi frisbee of boemerang in 'n park.
- Gaan stap met die honde.
- Voer die duiwe of eende in 'n nabye park.
- Balanseer 'n boontjiesak op jou kop.
- Hou kruiwa- resies.
- Neem papier en gom buitentoe en maak 'n natuur- collage.
- Maak patrone in nat sand.
- Hou boeresports soos sakspring of eier-in-lepel-resies.
- Gee die bome in jou tuin drukkies.
- Speel hinkspel.
- Neem leë blikkies met plastiekdeksels na buite en gaan soek sade of klein klippies om slaginstrumente mee te maak.
- Was die hond.
- Maak 'n reënmeter.
- Verf jou huis se mure met water.
- Speel albaster.
- Trek jou kleuter uit en laat haar toe om met vingerverf patrone op haar eie lyfie te maak.
- Neem kryte en papier uit en laat jou kleuter oor verskillende teksture krap.
- Swaai en klim klimraam.
- Tol in die rondte op die gras tot julle almal lekker duiselig raak.
- Speel aan-aan of ander hardloop- speletjies.
- Maak 'n waterglybaan van plastiek op jou grasperk en laat hulle met seep daarop gly.
- Laat jou kleuter iets teken wat sy in die tuin kan sien.
- Teken met bordkryt op die plaveisel of stoep.
- Speel vroteier.
- Maak waterkussings met plastiek en bouerskleefband, sodat jou kleuter daarop kan spring en gly.
- Trek julle reënstewels aan en gaan spring in 'n modderpoel.
- Versamel skoon haelkorrels en suig dit of bou 'n mini- haelman.
- Maak stelte van ou verfkannetjies en laat jou kleuter daarop balanseer.
- Vang reëndruppels op jou tong.
- Staan 'n bietjie vroeër op en eet voor skool ontbyt op die gras of stoep.
- Hou 'n teddiebeerpiekniek buite.
- Hark blare of vee die plaveisel.
- Begin 'n wurmplaas.
- Vleg 'n blommekransie.
- Begin 'n natuur- joernaal met week- likse inskrywings.
- Lê in 'n hangmat en droom.
- Braai malvalekkers oor die vuur.
- Maak 'n watertafel en vind dinge in die tuin om daarin te laat sink of dryf.
- Teken 'n kaart van 'n maatjie se huis en tuin.
- Verf met vere.
- Gooi waterballonne.
- Teken jou kleuter se skaduwee met kryt op papier of die plaveisel af.
- Begin 'n groentetuin.
- Pluk en pars blomme.
- Probeer blaar- afdrukke met verf op papier maak.
- Neem selfoonfoto's van die dinge in die tuin wat julle interesseer.
- Vind slakke wat kan resies jaag.
- Maak 'n voëltjiebad.
- Gooi gereeld saadjies vir die voëltjies uit.
- Grawe 'n gat in die grond om vir
- skatte te soek.
- Trek 'n mantel aan en vlieg kamma-kamma!
- Hou 'n week lank die maan en sy fases dop.
- Klim op rotse of groot klippe in die omgewing.
- Bou 'n modderpad vir speelgoedkarretjies.
- Dans en sing met of sonder sambrele in die reën.
- Bou 'n stokkie- alfabet.
- Was die kar.
- Laat vlieg 'n vlieër.
- Hang versierings in 'n boom.
- Laat dryf 'n papierbootjie.
- Bou 'n feetjie- of elfiehuis.
- Teken 'n skatkaart.
- Maak 'n blik- telefoontjie.
- Begin 'n versameling van mooi skulpe of klippies.
- Skryf 'n brief op 'n blaar.
- Maak jou grasperk 'n verhoog vir selfuitgedinkte vertonings.
- Hardloop onderdeur die sproeier.
- Maak 'n dinosourusgrot.
- Maak 'n sonhorlosie.
- Probeer saam met jou kleuter handstande of wawiele maak.
- Ondersoek die tuin deur 'n vergrootglas.
- Verf met materiaalverf op 'n wit plekmatjie op die gras en gee dit vir ouma vir haar verjaardag.
- Verf klippe, gee hulle name en maak hulle storiekarakters wat in die tuin leef.



















