Ouerskap

Kleuter-nuusbrokkies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Kunsvlyt met karton

'n Toiletrol is darem 'n wonderlike ding! Die aktiwiteitsboeke Kreatiewe Kuns metToiletrolle Boek 1 en Boek 2 bevat ál die elemente wat nodig is om die ouliksteskepseltjies te prakseer. Al wat julle nodig het, is leë toiletrolle!

Die boek sluitelemente in wat uitgeknip kan word, asook plakkers vir die maak van allerhandekleurryke diere. Kinders kan so ook hul fyn motoriese vaardighede slyp. Die boeke isperfek om klein handjies by die huis en skool besig te hou. R80 elk, Human & Rousseau

Ja, ons kan Wimpy toe gaan!

Verras jou kinders en neem hulle Wimpy toe selfs voor hulle begin kerm! Hoekom? Want Wimpy deel saam met sekere etes gratis boeke uit. Die Engelse boeke is by die eetplekke te kry. En ja, daar is Afrikaanse boeke ook, wat jy weer aanlyn kry by Wimpy se webtuiste of deur hul voordele-toep. As jy die hele reeks van ses versamel en uitpak, vorm die agterkante 'n Suid-Afrikaanse vlag. Die stories is ook eg Suid-Afrikaans en deur plaaslike skrywers geskep.

Rinkink met klank

Party mense het regtig kreatief geraak in die grendeltyd! Die Bloemfonteinse remediërende onnie Leandré Steyn het sommer 'n musikale klankprogram geskryf. Dit dek al die klanke van Afrikaans wat kinders moet leer, elkeen met sy eie klingel. Dit help kinders om klanke te memoriseer en te herroep. Al drie leerstyle - ouditief, visueel en bewegend - word ingespan om te sorg dat alle kinders die program kan geniet.

Roep jou kleuter nader en kyk wat alles by Rinkink terwyl jy dink aangaan: tinyurl.com/rinkink.

Lekker lees

As graad 1 wink, kan julle solank aan jul kind se tuisbiblioteek begin bou. Die eerste leesboeke-reeks (Fantasi) het iets vir elke smaak en teen R49,90 elk kan jy sommer 'n hele paar aanskaf. Begin deur dit eers saam te lees en kyk teen die einde van die jaar hoe jou kind dit vir jou voorlees. Dis een van die lewe se opwindendste mylpale en ontsluit 'n hele nuwe wêreld vir jou kleinding.

Spaar is 'n storie!

Dis 'n goeie plan om jou kinders van jongs af te leer om 'n geldjie vir die toekoms weg te sit. En natuurlik is daar 'n toep wat daarmee kan help. Kyk 'n bietjie na Sanlam se gratis Sanlam Savings Jar, waar 'n vriendelike draak aan die woord is en met kinders gesels. Hoe meer geld julle spaar, hoe groter word die draak. Die toep maak 'n avontuur van spaar, want julle werk met 'n doel. Om jul mikpunt te bereik, moet planne beraam word. Is daar talente wat ingespan kan word om te help? En laastens, om te spaar moet mens ook geduld hê. Lees meer oor die toep by sanlam.co.za of laai dit van jou toepwinkel af. Daar is ook 'n 21-dag-spaaruitdaging wat jy saam met jou kind kan aanpak.

Bessies wat bruis

Efferflu C se Immune Booster is nou te kry vir kinders van vier tot 16 jaar oud. Die sprankelende bessiegeur maak dit skoon lekker om jou vitamien C, sink en echinacea in te kry. Kinders van skoolgaande ouderdom kry maklik aansteeklike siektes en 'n immuunhelpertjie kan nie skade aanrig nie. Daar is 20 bruistablette in die houer - R95 by alle apteke en aanlyn by mydynamicsstore.co.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM