Studies toon dat vroeë insluiting van vaste kos verband hou met 'n korter slaaptyd
'n Ystertekort is die algemeenste voedingstekort in die wêreld en kan simptome soos swak slaap, prikkelbaarheid, huilerigheid en moegheid veroorsaak.
Pasop hiervoor
Alkohol
Hoewel alkohol 'n kind vinniger kan laat slaap, versteur dit diep slaap. Selfs klein hoeveelhede kan die slaap-wakker-siklus versteur.
Babas en kleuters kan alkohol inkry deur borsmelk of medisyne. As jy borsvoed en 'n drankie wil drink, doen dit net ná 'n voeding en wag dan minstens twee uur voor baba weer drink.
Sodra die alkohol uit jou bloed is, is dit ook uit jou melk en geen melk hoef dus uitgemelk en weggegooi te word nie. Lees die etikette van alle medisynes voor jy dit vir jou kleinding gee. Die meeste strope bevat alkohol as preserveermiddel en veral tandekrymiddels kan baie alkohol bevat.
Kafeïen
Kafeïen is 'n stimulant wat meer energie gee en jou wakker laat voel, en kan daarom met jou kinders se slaap inmeng.
Dit duur meer as ses uur voor dit uitgeskei is en 'n onskuldige koppie koffie of energiedrankie kan Klaas Vakie behoorlik uit jou kleuter se kamer jaag. Kafeïenbevattende drankies behoort nie vir kinders gegee te word nie.
As jou kind sleg slaap, maak seker dat hy geen kafeïen inneem nie. As jy borsvoed, kan jy met veiligheid tot drie koppies kafeïendrankies per dag drink. Hoewel net klein hoeveelhede kafeïen in borsmelk gevind word, hoop dit op in babalyfies en groot hoeveelhede kan slaapversteurings veroorsaak.
Het jy geweet?
- Babas onder drie maande moet 14-17 uur per dag te slaap,
- ouer babas 12-15,
- peuters 11-14,
- kleuters 10-13,
- terwyl volwassenes 7-9 uur behoort te slaap.












