NUUS | Swangerskapsnuus vir jou

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Dis 'n krisis

Volgens Law for All word 3 500 babas elke jaar in Suid-Afrika verlaat. Sommiges oorleef en kry huise, maar baie nie. Wil jy help? Kyk dan 'n bietjie na die werk wat The Peace Agency doen.

Hul twee groot projekte is die Durban North Baby Home, waar verwerpte babas en weeskinders versorg word, en BabyLine, 'n nasionale oproepsentrum vir ma's in nood.

Jy kan op verskeie maniere 'n bydrae lewer, byvoorbeeld deur pleegsorg of deur aan te neem, of as vrywilliger te werk of geld te skenk. Gaan kyk by babyhome.org en babyline.org.za.

As jy weet van 'n swanger vrou of ma in nood, deel die nommer 082 0699 067.

Prembaba se dagboek

As jou baba vroeg gebore is by Netcare se Blaauwberg-hospitaal, is julle nogal gelukkig! Die hospitaal se neonatale intensiewesorgeenheid bied 'n veilige, digitale visuele diens met die naam vCreate Diary.

Die personeel stuur gereeld foto's en video's met jul baba se nuutste inligting. Dis veral gerusstellend wanneer julle nie daar kan wees nie of ver woon.

Dr. Ricky Dippenaar, die dryfkrag agter die diens, sê dit help ouers baie om met hul baba te bind en meer ontspanne oor alles te voel, wat natuurlik baie voordele het.

Huislike geboorte … in die goue stad

Die Oxford Midwifery Unit is 'n nuwe geboorte-eenheid in Saxonwold, Johannesburg, wat ideaal is as jy nie vir 'n hospitaal kans sien nie, maar ook nie juis by jou eie huis wil wees wanneer jy kraam nie. Hier sal jy tuisgemaak word en rustig kan voel oor alles, want die eenheid is toegerus met al die tegnologie wat nodig is om enige gebeurlikheid te hanteer. Vroedvroue sal jou help, maar ginekoloë en verloskundiges is ook aan diens. Gaan na oxfordmidwifery.co.za om al die dienste te sien wat aangebied word. Die tariewe is billik!

Babakamer nog in beplanning?

Gaan loop 'n bietjie rond by die Johannesburg Homemakers Fair om inspirasie te kry en sommer fiks te word ook, want dis vanjaar massief en strek oor vier vlakke! Julle kan regtig 'n hele daguitstappie daarvan maak, want daar is heerlike kos te koop ook. Kyk by homemakersonline.co.za/jhbfair/ om te sien wat om te verwag. Wanneer? 24 tot 26 Maart waar? Kyalami Grand Prix Circuit & International Convention Centre, hoek van R55 & Allandale Rd, Kyalami Estate, Midrand prys? R120 volwassenes, R60 pensioenarisse, R20 skoliere, R20 parkering.

Baba & Kleuter

SPELETJIES VANDAG

CTA