Maak seker oor meningitis
Breinvliesontsteking is wel seldsaam, maar dit kan binne 24 uur noodlottig wees en breinskade veroorsaak by dié wat dit oorleef maar nie betyds behandel is nie. Waar septiese skok ontstaan het, kan 'n kind selfs 'n ledemaat verloor. Veral kinders is kwesbaar.
Dis dus baie belangrik dat jy die siekte kan herken en dan baie, baie vinnig optree, sê dr. Nasiha Soofie, mediese hoof van die farmaseutiese maatskappy Sanofi Pasteur Vaccines.
"Ongelukkig word die simptome dikwels met ander siektes verwar soos griep, malaria of Covid-19. Nog 'n probleem is dat kinders en babas jou nie altyd kan laat weet dat hulle sleg voel nie en nie duidelik kan oordra wat hulle ervaar nie," sê sy.
"Die beste manier om jou gesin te beskerm, is met inenting. Daar is 'n inenting beskikbaar wat teen vier soorte breinvliesontsteking beskerm. Dit word vir alle babas en kinders aanbeveel en swanger vroue kan hul dokter raadpleeg."
Simptome sluit in 'n mengsel van hoë koors, hoofpyn, 'n stywe nek, deurmekaarheid, naarheid, braking, uitputting en 'n perserige uitslag. Dis ook nie net kinders wat dit opdoen nie: Studente en koshuisbewoners loop ook 'n groter gevaar omdat dit versprei word deur lugdruppels en direkte kontak met iemand wat siek is.
Nasiha waarsku dat die voorkoms van breinvliesontsteking kan styg omdat mense weens die pandemie hul gereelde inentings oorgeslaan het.
Gebruik die hutsteken #DefeatMengitis op sosiale media om meer te wete te kom.

Begin 'n tradisie
Die Familiebybel bied 'n geloofsnalatenskap vir jou gesin en die geslagte wat ná julle kom. Dis deur dr. Johan Smith van Vita Amp bygewerk en bevat die volledige nuwe 2020-Bybelvertaling, 'n familiestamboom, 'n bladsy vir trou- en geboortedatums, ekstra artikels oor die gesinslewe, 52 weke se Bybelstudiemateriaal vir die hele gesin en 'n program wat jou lei om die Bybel in een jaar deur te lees. Dit sal beslis 'n gekoesterde geskenk en kosbare erfstuk word. R480, Lux Verbi.

Elke huis moet een hê
Kliniese navorsing wys die definisie van koors verander met ouderdom.* Wat 'n normale temperatuur vir 'n vierjarige is, kan by 'n pasgeborene as koors beskou word. Braun het nou 'n koorspen ontwerp met 'n ouderdomsaanpasbare koorsgids om die raai uit koors neem te haal. Die Thermoscan7 gevat gepatenteerde "Age Precision Technology". *Herzog L., Philips S. Addressing Concerns About Fever. Clinical Paediatrics. 2011: 50 (no. 5): 383-390.

Ons lief Woolies
Ons is versot op Woolworths se nuwe reuse-reeks vogdoekies vir babas. Daar is iets vir elke soort skoonmaakbehoefte, van poefdoeke ruil tot speelgoed afvee. Die vogdoekies is heelwat natter as voorheen, die toemaakstrokie werk nou beter en allerhande voedende olies en komponente is ingespan.
Die nuwe bamboesvogdoekies is in drie weergawes te kry. Die pakkies is heeltemal herwinbaar en is ook veganis-vriendelik, sonder skadelike stowwe en word deur Skoonheid Sonder Wreedheid onderskryf. Pryse wissel van R21,99 tot R105,99, afhangende van soort en hoeveelheid















