
Alles wat jy oor jou vroeë baba wil weet
Prematurity - Adjusting Your Dream deur prof. Welma Lubbe is van onskatbare waarde as jy die ma van 'n vroeggebore baba is. Lees en leer meer by littlesteps.co.za en koop die boek daar teen R350.
17 November
... is Wêrelddag vir Vroeggebore Babas. As jy graag die storie van jou ervaring met jou vroeggebore baba met ander wil deel, kom in aanraking met Ferring Pharmaceuticals, wat bewusmaking hieroor wil bevorder. Enige en alle stories is welkom. Dalk was jy self 'n vroeggebore baba of dalk werk jy met vroeë babas? Deel jou kennis. Stuur jou storie na projectfamily@ferring.com.

Skoon lug
Met Covid-19 wat al 'n anderhalfjaar woed is ons almal intens bewus van ventilasie en hoe belangrik skoon lug is. Hier in die Baba & Kleuter-kantoor loop ons Solenco-lugsuiweraar pal. Oorweeg gerus so 'n toestel vir die babakamer, veral as julle dit onlangs geverf het of nuwe matte en kaste ingesit het, of die vloere laat skuur en behandel het.
Lugsuiweraars filtreer die lug en help om stowwe uit die lug te haal wat allergieë, asma en ander asemhalingskomplikasies kan veroorsaak. Dit help ook met reuke en verwyder besoedeling en muf uit die lug. As jy wonder oor die gehalte van die lug waar jy woon, kan jy gerus by solencosa.co.za kyk - daar is 'n luggehalte-indeks wat op datum gehou word.
Solenco se lugsuiweraars het 'n H13 Mediese Graad HEPA-filter. Kyk gerus na die hele reeks by Hirsch's, Makro, takealot.com, Clicks, Builders en Yuppiechef sodat julle een kan kies wat die beste by jul behoeftes pas.

Streel boudjies en meer
Sudocrem bederf ons lesers deur 'n gratis monster Sudocrem saam met dié uitgawe weg te gee wat maklik in jou hand- of doeksak saamgedra kan word. Dis bewys dat dit baba se delikate vel streel en beskerm.
Eerstens bevat dit 'n versagtingsmiddel wat seer kolletjies streel.
Tweedens het dit verkoelende eienskappe wat help om pyn en irritasie te verlig.
Derdens is die basis water-afwerend, wat beskerm en keer dat irritante met die vel in aanraking kom. Te kry by Dis-Chem, Baby City, Clicks, Shoprite Checkers en ander groot winkels teen R52 vir 60 g, R90 vir 125 g, R150 vir 250 g en R200 vir 400 g.















