Ouerskap

Pasgeborene-nuusbrokkies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty/Gallo Images
Getty/Gallo Images

Gerief vir ma's wat uitmelk

Nanobébé se Breast Milk Storage Bags & Organizer help om jou uitmelkroetine meer vaartbelyn te maak. Die sakkies is ontwerp om te keer dat jy melk mors en behou ook voedingstowwe, want jou melk gaan twee keer vinniger afkoel en vries as in ander houers.

Dit steek natuurlik ook 'n stokkie voor die groei van bakterieë. Die sakkies het 'n dubbele ritssluiter, is duursaam, lekbestand en word van ekstradik plastiek gemaak (nie- giftig en sonder BPA of ftalate). Met die organiseerder kan jy die sakkies so stapel dat jy ruimte spaar en altyd die oudste melk eerste gebruik. Die boks bevat 25 vooraf gesteriliseerde sakkies. Dit kos R279 by Baby City, uitgesoekte Dis-Chem-takke en nanobebe.co.za.

Blink nuwe babawinkel vir Bolanders

Checkers brei uit in die babamark met Little Me, 'n nuwe winkel in Drakenstein (naby die Paarl in die Wes-Kaap) wat gevul is met top-handelsmerke spesifiek vir swangerskap en babas. Daar is kraamdrag eksklusief deur Cherry Melon ontwerp en die bekostigbare Miyu-reeks is slegs daar te kry.

Gaan maak gerus 'n draai. Ander handelsmerke sluit in Noola (stootwaentjies, motorstoeltjies en meer), Umatie (baba- en peuterkos), Ree Collective (doeksakke) en Stokke (stootwaentjies, meubels en motorstoeltjies).

Eco Boom se Biodegradable Bamboo Nappies
Eco Boom se Biodegradable Bamboo Nappies

Poef & die planeet

Hier's 'n skokkende spekulasie wat waarskynlik baie naby aan die waarheid is: Elke weggooidoek wat al ooit gemaak is, bestaan nog steeds iewers op 'n rommelhoop. Die gedagte aan reusagtige berge poefdoeke oor die hele wêreld heen is genoeg om 'n mens na lap te laat wil oorslaan. Die probleem met wasbare lapdoeke is egter weer dat jou water- en kragverbruik die hoogte inskiet.

Deesdae is daar egter groener opsies, soos Eco Boom se Biodegradable Bamboo Nappies. Meer as 70 persent van die doek word binne 147 dae afgebreek. Jy kan dit selfs by die huis op die komposhoop gooi. Die stikstof in jou baba se piepie is goed vir die grond. Dit kos sowat R269 per pak vir die klein grootte (90 doeke) en R569 vir 'n pak van 70 groot doeke. Kyk by naturalesa.co.za, faithful-to-nature.co.za of takealot.com.

Probiflora Probiotics Infant Drops
Probiflora Probiotics Infant Drops

Probiflora se Probiotic Infant Drops (R170 vir 5 ml) is te kry by Baby City, Dis-Chem, Clicks en ander goeie apteke. Dis spesifiek vir babas geformuleer en kan van geboorte af gebruik word. Probiotika help om die mikrobiese balans in die ingewande te verbeter of te normaliseer, wat met vertering help. Onthou om die botteltjie voor gebruik te skud.

Baba & Kleuter

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM