Jy het nodig
- karton van ontbytgraanboks (soos 'n hawermoutboks)
- skuimpapier (opsioneel)
- gom van 'n goeie gehalte
- verskillende items om op die boekie te plak
- skêr
- gaatjiedrukker
- ringetjie
Gaan só te werk
Gebruik die karton as blaaie vir die boek. Ons het die blaaie ook 'n interessante tekstuur gegee deur dit met sagte skuimpapier te bedek. Soek in die huis of jou naaldwerkkas na verskillende teksture om op die blaaie te plak. Jy kan dit helderkleurig maak soos in ons voorbeeld, of natuurlike items in die boek byvoeg, soos sand of 'n stukkie boombas. Druk ten laaste 'n gaatjie in die boonste hoek van elke bladsy en maak die blaaie met 'n hakie aan mekaar vas.
BELANGRIK
Maak seker dat jy die items baie goed vasplak sodat dit nie maklik afkom en baba dit insluk nie. Bly die heeltyd by jou kind terwyl hy met die boekie speel om seker te maak dat hy nie iets afgetrek kry nie. Leer hom van verskillende teksture deur die woorde te noem wanneer hy aan die items voel, soos grof, glad of sag















