Ouerskap

SWANGERSKAP | Nog nuus

Getty Images
Getty Images
ACleo
ACleo

Speel klaar met puisies

Sukkel jy met jou vel? ACleo kan help. In die boksie kry jy 'n aanvulling met sink en vitamien B wat spesiaal geformuleer is om ontsteking te help bedaar. Die aansmeerroompie help weer om bestaande puisies te genees en herhalende uitbrake te keer. Die kombinasie van die twee help ook om jou lyf se natuurlike olieproduksie te reguleer. Te kry by alle goeie apteke teen R249 per pak.

Easy@Home-ovulasietoets
Easy@Home-ovulasietoets

Beplan daai baba

As jy wil weet op watter dae van jou siklus jy op jou vrugbaarste is, moet jy weet wanneer jy ovuleer. Veral as jou siklus se lengte nie altyd dieselfde is nie, is 'n ovulasietoets onontbeerlik. Easy@Home-ovulasietoetse werk saam met die Premom-toepassing op jou slimfoon. Jy neem 'n foto van jou toetsresultaat en die toep verwerk dan die data en wys jou onmiddellik hoe dinge vorder. Jy kan jou siklus en fertiliteitsvenster en -voorspellings so fyn dophou. In die boks: Easy@Home se 50 ovulasietoetsstrokies en 20 swangerskaptoetsstrokies. Te kry by homedoc.co.za en takealot.com teen R729.

Een kans op koordbloed

Wanneer 'n baba gebore word, is daar 'n eenmalige geleentheid om die bloed uit die naelstring te trek en te hou. Hierdie bloed is vol stamselle wat gebruik kan word om allerhande lewensbedreigende siektes te behandel.

In die meeste ontwikkelde lande wêreldwyd word koordbloed vrywillig in openbare koordbloedbanke geberg sodat enigiemand wat dit nodig het, dit kan gebruik. Suid-Afrika het egter nie 'n openbare stamselbank nie en om stamselle te laat invoer is onbetaalbaar duur. Jy kan wel hier stamselle privaat laat berg, maar dis ook nogal duur.

Netcells en die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) het egter saamgespan om die situasie vir Suid-Afrikaners te probeer verbeter deur 'n gemeenskapsbank op die been te bring. Nuwe ouers kan teen 'n baie beter tarief hul baba se koordbloed in die gemeenskapsbank laat berg. Dis dan beskikbaar vir gebruik deur enigiemand in die gemeenskap. As die koordbloed deur 'n vreemdeling gebruik word, word die gesin wat dit verskaf het ten volle terugbetaal. Dis werklik 'n wen-wen-plan vir almal en verbeter alle Suid-Afrikaners se kans om toegang tot behandeling te kry geweldig. Hoe meer mense deelneem, hoe beter.

Gaan na nextbio.co.za vir nog inligting.

Fertility SOS deur Daminda Senekal-Griessel
Fertility SOS deur Daminda Senekal-Griessel

As die ooievaar net nie wil kom nie

Daminda Senekal-Griessel is 'n gesertifiseerde gesondheid-en-voedingsafrigter wat haar op onvrugbaarheid toespits. Haar boek Fertility SOS is nou te kry teen R350 by Exclusive Books, amazon.com en takealot.com.

Daminda het lank in die farmaseutiese bedryf gewerk en weet goed hoe frustrerend onverklaarbare onvrugbaarheid kan wees wanneer daar nie 'n duidelike mediese oplossing is nie.

Dinge soos oor-die-toonbank-medisynes, chroniese medisyne, blootstelling aan besoedeling, epigenetika, bloedgroepe en voedingstekorte speel alles 'n rol in vrugbaarheid.

Daminda bied ook gesondheidsafrigtingsessies vir paartjies aan wat daarop gemik is om algehele gesondheid aan te spreek sodat vrugbaarheid geoptimaliseer kan word. Gaan gerus na fertilitysos.com om meer uit te vind.

Bederf vir die nuwe ma

Dis in baie lande en kulture tradisie dat 'n nuwe ma 'n spesiale geskenk met die geboorte van elke kind ontvang. Dit het waar­skynlik in Indië begin, waar dit Godh Bharaj genoem word. Die meeste van ons ken dit egter waarskynlik eerder as 'n push present. En hoekom nie? Om 'n kind in die wêreld te bring is merkwaardig. Jy kan gerus bederf word. Tipiese geskenke sluit in juweliersware of 'n horlosie met die geboortedatum daarop gegraveer. Party paartjies kry ook passende tatoes met baba se naam. Ook lekker is 'n professionele fotosessie voor of ná die geboorte, of selfs 'n dokumentêre fotosessie wat die hele geboorte vasvang.

Meer konvensioneel, maar wel modern, is 'n Nomination-armband. Dis heel bekostigbaar ook. Vir 'n staalband begin pryse by R390. Jy laat maak die armband dan persoonlik met jou keuse van skakels (die prys is enigiets tussen R499 en R1 899). Jy kan dwarsdeur jou lewe aanhou om die armband aan te pas deur skakels by te koop en te ruil namate jy dinge in jou lewe wil herdenk. Gaan na nomination.co.za vir nog inligting.

Baba & Kleuter

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM