Ouerskap

SWANGERSKAP | Wat’s nuus?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Hmm, glo ons dit?

Die internet is darem 'n wonderlike plek.

Ons het nou op 'n blog gelees dat babas wat in Mei gebore word, glo gemiddeld 200 g swaarder is as babas wat in ander maande gebore is.

Kom ons doen ons eie "navorsing". Vra al jou vriendinne en kennisse en laat weet ons by sharing@ypbmagazine.com of die Meibabas in jou vriendekring inderdaad swaarder was.

'n Goeie bra is 'n belegging

Mama Noo het van die beste en mooiste swangerskap- en borsvoedbra's wat ons nog gesien het. Die reeks is gemaklik vir slaap, sport en ná geboorte. Dis natuurlik ook borsvoedvriendelik en is te kry in groottes van 30B to 46F. mamanoo.co.za.

Hulp vir die heel kleintjies

As jou baba vroeg gebore is en minder as 1,5 kg weeg, het julle elke bietjie ekstra hulp nodig wat moontlik te kry is. As jy by 'n Netcare-hospitaal die lewe geskenk het aan so 'n piepklein mensie, kry julle 'n geskenk van Netcare en Babies R Us met allerhande noodsaaklike items en inligting wat julle sekerlik nie tyd gehad het om so vroeg al aan te skaf nie.

Die bestuurders van Netcare se intensiewesorg-eenheid vir babas het die lys saamgestel van alles wat in die pers Early Start Essential-sak is. Julle kry doeke in die regte grootte, vogdoekies, boudjiesalf, bevogtiger wat geskik is vir 'n vroeë baba se vel, borsdoekies en alkoholvrye handreiniger.

Daar is ook 'n koelsak vir die gerieflike vervoer van borsmelk, asook borsmelkhouers en bergsakkies. Inligting oor borsmelkproduksie en 'n Babies R Us-NICU Journal, From Bump to Baby maak ook deel van die geskenkpak uit.

Waar het jy dit gekry?

Dis wat almal gaan vra wanneer jy jou nuwe baba uitdos in klere en bykomstighede wat spesifiek vir hulle gemaak is.

Die antwoord: Baba Makia. Hulle doen alles van motorstoeltjiebedekkings wat vreemdelinge vra om nie te vat nie (R350), ooievaarteegeskenkbokse (R400) en oulike uitrustings soos op die foto sodat jy jou baba se geboorte in styl kan verkondig.

Ook te kry is fopspeenpennetjies, tanderinge en die slim peepee tee-pee vir ouers van seuntjies. Kan jy raai waarvoor dit is?

Gaan gerus na babymakia.com om alles te besigtig

Baba & Kleuter

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM