Swangerskapsnuus

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Werkboek vol wysheid Conscious Birth: Inner Wisdom for Modern Mothers deur Theoni Papoutsis, 'n gesoute doula, hipnogeboorte-praktisyn en lewensafrigter van Johannesburg, bevat tegnieke vir swangerskapsjoga, bewustheid en nog baie meer.

Conscious Birth: Inner Wisdom for Modern Mothers deur Theoni Papoutsis
Conscious Birth: Inner Wisdom for Modern Mothers deur Theoni Papoutsis

Aan die einde van hierdie werkboek sal jy:

  • 'n Deeglike begrip van kraam en die geboorteproses hê,
  • Ten volle voorbereid wees op wat om tydens swangerskap en geboorte te verwag,
  • Weet wat om te doen as jou geboorte nie volgens plan verloop nie,
  • Geboorte as 'n natuurlike proses verwelkom eerder as 'n mediese gebeurtenis of siekte,
  • Konstruktiewe maniere leer om die vrees vir pyn te bestuur,
  • Die inherente vermoëns verstaan van hoe jou liggaam ontwerp is om jou baba te laat groei, te koester en aan hom die lewe te skenk, en
  • Gelei word in die skep van 'n kalm geboorte-omgewing saam met jou maat. Die boek help jou ingeligte keuse maak wat by jou unieke omstandighede pas. Dit het ook praktiese wenke vir die eerste dae ná die geboorte, kompleet met nuttige aftiklysies. R360, consciousbirth.co.za.

65% van swangerskappe in SA tussen 2015 en 2019 was onbeplan. 36% het in aborsie geëindig, aldus die 2022-verslag van die State of World Population.

Miladys
Miladys

Nommerpas!

Wanneer laas het jy by Miladys ingeloer? Hulle het die mooiste los rokke (grootte 32 tot 50 en S tot 3XL) teen baie billike pryse! Ons is ook aanhangers van hul WonderFIT-swembroeke wat meer bedekking en ondersteuning bied as die deursnee-swembroek, en ook hul denimbroekreeks wat vir elke geleentheid en figuur die regte broek bied.

Op die foto: Geel rok R599 en patroonrok R299. Nog inligting by https://www.miladys.com/.

essence
essence

Rus jou oë

  • essence HYDRO GEL Eye Patches (R38,95) bevogtig en verfris, veral soggens as jy met pofogies wakker geword het.
  • essence HELLO, GOOD STUFF! Skin Renewal Overnight Mask (R119,95) is ideaal vir jou skoonheidslaap. Laat dit oornag aan en word wakker met lieflike, gladde vel.
  • essence BRIGHT EYES! Under Eye Stick (R82,95) speel blitsvinnig klaar met donker kringe onder die oë sodat jy uitgerus lyk, al het jy nie juis geslaap nie.

Te kry by Dis-Chem en www.houseofcosmetix.co.za

Baba & Kleuter

SPELETJIES VANDAG

CTA