Ons onthou ons grootwordjare en as jy dit positief onthou, sal jy dit heel moontlik naboots
- Probeer jou bes om jou maat se siening, denke, waardes en geloof te respekteer.
- Probeer verstaan waarom jou maat so dink en voel.
- Aanvaar jou maat soos hy is - moenie onnodige energie mors om hom van standpunt te laat verander nie.
- Praat oor jul verskille en beplan hoe julle daarom gaan werk.
Ouers stel hoë eise aan hul kinders en is nie tegemoet- komend nie.
Hul kommunikasie met die kind is wel versorgend. Hulle wil eerder 'n maatjie as 'n ouer vir hul kind wees.
3. Onbetrokke ouerskapstyl
Die ouer stel nog minder eise aan die kind, reageer glad nie op die kind se gedrag nie en het min of geen kommunikasie met hul kind nie. Die ouer voorsien slegs in die kind se basiese behoeftes en is baie verwyderd van die kind se lewe. Dié ouerskapstyl kan aan verwerping en verwaarlosing van die kind se behoeftes grens.
4. Gesaghebbende ouerskapstyl
Daar is reëls en riglyne wat die kind moet volg, maar dit is 'n bietjie meer demokraties. Die ouer sal die kind se gevoel in ag neem, maar steeds selfgeldend optree. Die ouer reageer op die kind se behoeftes en is meer versorgend en vergewensgesind as die kind misluk. Die ouer sal eerder gevolge vir dade as straf gebruik. Hulle sal beloning en lof gebruik. Die ouer se doel is om 'n selfgeldende, sosiaal verantwoordelike, selfbeheerste en samewerkende kind te kweek. Navorsing wys dat hierdie ouerskapstyl die gelukkigste kinders tot gevolg het.







