Ouerskap

Waterveiligheid

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

NOG WATERWENKE

1. Moet nooit kinders alleen in die bad laat nie. Ignoreer die telefoon en deurklokkie, of neem jou kind saam.

2. Gebruik 'n glybestande matjie in die bad.

3. Maak baddens, emmers en klein plasswembadjies leeg as julle klaar is, en moet dit nie laat rondstaan nie.

4. Sorg dat jou visdammetjie ook beveilig is.

5. Sorg dat kinders nie toegang het tot die jacuzzi nie.

6. Jou tuin moet omhein wees as julle naby 'n rivier, vlei of dam woon.

7. Dra altyd reddingsbaadjies op 'n boot.

8. Hou jou kinders dop op die strand en moenie swem waar daar nie lewensredders is nie.

9. Toilette moet met 'n veiligheidsknippie toe gehou word.