Soos gesien in ons November/Desember-uitgawe, op bladsy 86.

STAPPE
Die jassie verf redelike naaldwerkvernuf. Meet die omtrek van jou hond se nek en lengte van sy rug.
Trek volgens die mates 'n papierpatroon op. Of gebruik 'n bestaande hondejas as basis.
Knip die patroon se vorm soos op die foto (dit sal lyk soos 'n perd se saal) en maak 'n groot genoeg nekopening vir jou hond se kop.
Knip nog 'n patroon effe kleiner en net tot by die middel van die rug.
Meet die nekopening en knip volgens die mate 'n kraag uit 'n teenstellende kleur.
Boor die jas en los flap om.
Voltooi die kraag en stik aan die nekopening vas.
Stik 'n stukkie Velcro aan die kraag vas.
Maak 'n omgeboorde lyfband en stik Velcro aan die punte om die jas vas te maak.















