Reis

3 kindervriendelike restaurante

(Blasters)

Kinders eet omdat hulle moet, maar speel is hulle lewe. Deesdae is daar kuierplekke waar speel op die spyskaart is. Hier's drie - een elk in Kaapstad, Pretoria en Durban.

1. Blasters, Kaapstad

Hier kan ouers aan pizzas en chicken wings peusel terwyl die kleingoed hulle gô uitspeel. Die pryse is redelik vir gesinsetes, en jy kan ook kinderpartytjies hier hou.

Kontak: capegate@blasters.co.za; 021 981 7555

2. Papachinos, Pretoria

Laat Pappa aan 'n bier teug terwyl die kinders uit sy hare is. Hier is meer as genoeg speelplek om hulle besig te hou.

Kontak: 012 809 3539

3. rj's famous rib steakhouse, Durban

Die kleurryke Playzone sal menige kinderhart vinniger laat klop. Hier is springkastele, klimrame, trampoliens…

Kontak: rjs@rjskzn.co.za

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM