Reis

Aftrekplek: Constantia, Clocolan

Die Oos-Vrystaat is kersiewêreld en hier by Constantia buite Clocolan word 'n magdom produkte verkoop wat met die plaas se eie vars kersies gemaak is.

Van likeure, strope, roomyse en koeke tot melkskommels, kerse, rome en sepe. Hier is 'n lekker atmosfeer, goeie koffie en allerhande klimrame en springmatte vir die kinders.

Die spyskaart is lywig en jy kan enigiets van sop, broodjies, steak cannelloni (pasta gevul met bief of spinasie met 'n romerige) bestel. Onthou die kersiemelkskommel en -roomys - dis besonders.

Waar? Sowat 3 km buite Clocolan, langs dir R26 op pad na Ficksburg

Kontak 082 304 7043, constantiafarmstall.co.za, Constantia Cherry Farmstall op Facebook

Waar? 12 km noord van Baltimore langs die N11.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM