Reis

Barry House op Riverton, Robertson

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Selfsorgverblyf op Robertson. Hierdie pragtige erfenishuis kombineer historiese bekoring met moderne geriewe.

Die akkommodasie bied plek vir tot 12 (maksimum 14) familielede of vriende in 6 slaapkamers. Drie slaapkamers is toegerus met lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer - twee hiervan het ook 'n kinderbed.

Die en suite-kamer met die koningingrootte-bed is verbind aan 'n skakelkamer met twee enkelbeddens. Die ander kinderslaapkamer het 'n dubbelstapelbed en gebruik 'n aparte badkamer.

Geniet die heerlike kuierstoep en buitebraai (braaihout ingesluit) met asemrowende uitsigte oor die plaas se perdekampe en die majestueuse Langeberg.

'n Platskerm-DSTV in die sitkamer en gratis WiFi is beskikbaar. Die verblyf is geleë in die hartjie van bekroonde wynplase en skuins oorkant Hennie's-restaurant op die Cloverfield-wynlandgoed.

Kontak 023 626 4309; info@rivertonstud.co.za; rivertonstud.co.za/accommodation

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM