Die Camp Cover-reeks is vervaardig omoortreksels en pakoplossings van uitsonderlike gehalte vir die 4x4-, kampeer-en buitelewegemeenskappe te bied - en die handelsmerk is trots daarop dat hulleal vir 30 jaar aan hierdie visie getrou is.
Camp Cover-produkte beperk die slytasie vanduur toerusting tot die minimum. Hulle gebruik slegs duursame grondstowwe enhandhaaf die hoogste gehalte- en ontwerpstandaarde. Die maatskappy wil 'nunieke reeks hoogs funksionele en praktiese oortreksels en sakke aan hul kliënte verskaf.
100% tevredenheid gewaarborg
As 'n produk nie aan die verwagting voldoennie, sal die maatskappy binne ses maande van die aankoopdatum die produkvervang of jou geld terugbetaal. (As jy die produk verniel het, sal jy diewaarborg ongeldig maak.)
Sien die video hier.
Plaaslik vervaardig
Camp Cover is trots daarop dat alle produktein Suid-Afrika en deur Suid-Afrikaners vervaardig word. Die maatskappy handhaafdie hoogste standaarde om produkte van wêreldklasgehalte te lewer. Koopplaaslik en ondersteun plaaslike indiensneming en werkskepping.
Koop
Hier is 'n paar van die produkte watbeskikbaar is:
Die nuwe rolsak is die perfekte reisgenoot ensal 'n leeftyd hou! Rol die sak oop of hang dit op om die artikels wat jy nodighet in die hande te kry. Jy kan ook die vier verwyderbare sakke verstel enoprol soos nodig. Dis ideaal vir byna enige ding wat vervoer moet word.
Ongeag of jy lig reis of baie goed saamsleep,die Camp Cover-smuksak het 'n plek vir al jou reisbenodigdhede! Pak jou grimering,badkamerprodukte en al jou noodsaaklikhede hierin. Die hoogte maak dit moontlikom bottels regop te laat staan. Dit werk ook lekker vir kinderspeelgoed,peuselkos of as 'n oornagsak.
Bring jy soveel as moontlik tyd buite deur? Danhet jy 'n betroubare koelsak nodig. Die kombuis-in-'n-sak is vanripstop-materiaal gemaak en gewild in die kamp-, piekniekplek en op die strand.Die sak het verskeie kompartemente aan die binnekant, wat dit 'n goeie koelsakmaak, sowel as genoeg pakplek vir jou avontuur.
Daar is deeglik beplan aan die ontwerp vanhierdie veeldoelige sak. Jy kan dit as 'n toilet- of 'n noodhulpsak gebruik.Dit het twee groot seksies: Die een kompartement is gevoer en maak maklikskoon, en 'n tweede kompartement bestaan uit vier kleiner PVC-ritssakkies en 'nklein spieël.
Wat is lekkerder as om die kantoordeur op 'nVrydag agter jou toe te trek, 'n sak te pak en die pad te vat vir die naweek?Hierdie sak het plek vir al jou noodsaaklikhede. Die materiaal is duursaam enwaterbestand - jy kan dus seker wees jou klere sal veilig, droog en netjies byjou eindpunt uitkom.
Vir meer inligting oor Camp Cover, besoekcampcover.co.za. Of klik hier vir hulle YouTube-kanaal.













