Reis

Besoek ons parke gratis!

Die Tuinroete
Die Tuinroete (Peter Chadwick)

Dis parkeweek! Spaar 'n paar rand en besoek ons nasionale parke dié week gratis! Kyk na ons lys hier onder: Die parke met 'n sterretjie bied gratis toegang tot Sondag 22 November. Dié daarsonder bied toegang tot Vrydag 20 November.

'n Kwotastelsel sal geld by die volgende nasionale parke: Augrabies-, Bontebok-, Kruger-, en Tafelberg- nasionale park. Kry die besonderhede van die kwotastelsel hiér.

Hier's die volledige lys parke wat gratis toegang bied:

Addo-olifant-nasionale park
Addo-olifant-nasionale park

• Addo-olifant- nasionale park

• Augrabies-waterval- nasionale park

• Bontebok- nasionale park*

• Tuinroete- nasionale park

• Karoo- nasionale park

• Kgalagadi-oorgrenspark

• Krugerwildtuin

• Mapungubwe- nasionale park*

• Marakele- nasionale park*

• Mokala- nasionale park

• Bergkwagga- nasionale park*

• Tafelberg- nasionale park* (Let wel: Dit sluit nie die Boulders-pikkewynkolonie in nie.)

• Tankwa-Karoo- nasionale park*

• Weskus- nasionale park*

• Ai-Ais-Richtersveld-oorgrenspark

• Agulhas- nasionale park*

• Kamdeboo- nasionale park*

• Golden Gate-Hoogland- nasionale park*

*Dié parke bied gratis toegang tot 22 November.

Die Namakwa- nasionale park bied nie gratis toegang nie. Gratis toegang sluit nie gratis verblyf of aktiwiteite in nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM