Blokraaie is 'n lekker tydverdryf vir daardie alleenure, maar weet jy hoeveel pret is dit om dit sáám met iemand in te vul? Huisgenootraaisels.co.za, ondersteun deur Netwerk24, maak dit moontlik! Volg hierdie stappe. . .
1. Gaan na huisgenootraaisels.co.za.
2. Op die tuisblad, klik op die rooi balk "klik en koop".

3. As jy nog nie 'n pakket gekoop het nie, is daar een gratis pakket met drie blokraaie wat jy kan invul.

4. Kies een van die raaisels en klik daarop.

5. Wanneer die blokraai oop is, kyk links bo die blokraai (net langs die horlosie), is daar 'n ikoon van 'n mannetjie met 'n +-teken. Klik daarop.

6. Die program gee nou vir jou twee opsies. Jy kan óf iemand per Facebook nooi om saam te speel, óf die program kan 'n skakel genereer wat jy vir iemand per e-pos of whatsapp kan aanstuur.

7. Jou vriend(in) kan daardie skakel gebruik om die blokraai op sy of haar selfoon, tablet of skootrekenaar oop te maak. Jy sal merk dat een van julle in groen speel, en die ander een in blou.
8. Gebruik die kommunikasieblokkie regs onder om met mekaar te kommunikeer.
9. Onthou om op sosiale media te spog met jul punte!
10. Onthou: Julle albei moet toegang tot dieselfde pakket hê. Almal het toegang tot die gratis pakket, maar daarna sal julle albei dieselfde pakkette moet koop om saam te speel. Slegs twee mense kan per keer saamspeel.
Dis pret, nè? Klik en speel saam by huisgenootraaisels.co.za.
Vul nou blokraaie, sudoku's, woordsoeke en koderaaisels op jou foon in. Die eerste drie is gratis! Klik hier.












