Nou die dag lui my foon. Ek jok. Dit was alin Mei. Daai maand wanneer die winter sy voelers begin uitsteek en die somerreeds met 'n boardingpass in die hand staan.
Gewoonlik beantwoord ek onbekende foonnommersin die week, maar oor naweke ignoreer ek hulle. Dié betrokke Saterdagoggend sitek by die huis: Ek het my vierde beker koffie in en skryf aan my volgendebundel kortverhale.
As ek nie iewers 'n naweektroue of mondigwordingbywoon nie, sal die boek betyds in die uitgewer se inboks wees. Ek oordoen mosaltyd alles by troues en mondigwordings. Dan is ek twee maande lank babbelas enniks word gedoen nie.
Toe lui my selfoon. 'n Onbekende nommer.Antwoord maar, dink ek. Jy weet nooit. Ek glo nogal in divine timing.Daai oomblik wat iets op die regte tyd en met die regte bedoeling met jougebeur.
Dis 'n skrillerige vrouestem. Dit klink asofiemand heeltyd op haar kleintoontjie trap. Sy vra met wie sy praat.
"Met wie wíl jy praat?" antwoord ek terwyl ekmelk by koffie nommer vyf gooi.
"Met mnr. Zandberg," antwoord Toontjie.
"Praat maar, jy is deur."
Haar stem klim nóg 'n oktaaf hoër. Sy's nouby Celine Dion. Ek is gespanne. "Ek het jou nommer by een van ons mammas gekry.Sy sê jy ken die verhoog?"
Ek sê: "Jy sal meer inligting moet gee; ek isnou so deurmekaar soos Scrabble-letters in 'n ou banksak."
Toontjie verduidelik sy is 'n onderwyser by'n private skool in Windhoek en hulle het iemand nodig om met die tienertoneelte kom help. En met help bedoel sy 'n teks skryf én die regie daarvan behartig.Die sweet slaan op my handpalms uit.
"Wat laat jou dink ek is die beste keuse virhierdie werk in 'n land met 'n bevolking van 2,5 miljoen inwoners? Ek was jarelaas by toneel betrokke," vra ek effens geïrriteerd nadat ek my tong met koffieverbrand.
Toontjie sê sy het nie al my vrae verwag nie,maar sal ek oor twee weke die teks kan klaar hê en oudisies kom doen.
"Mag ek vloek in repetisies?" wil ek weetvoordat ek op die stippellyn teken. "Dis nie growwe vloekwoorde nie; net watdie kinders reeds pouses onder mekaar gebruik."
"Sien jou oor twee weke," sê Toontjie.
Twee weke later daag ek op by die oudisies met 'n tas vol entoesiasme. Die teks watek geskryf het, gaan oor 'n TV-gameshow waarin verloofde paartjies meeding om 'n wittebroodsreisna Madagaskar te wen (ter waarde van die Britse koningin se pajamas...).
'n Soort nostalgie daal oor my neer. Ek sienmyself weer as Romeo op die verhoog in 'n klein skoolsaal op my grootworddorp,Melkbosstrand. Vandag, byna 'n dekade later, staan ek ónder die verhoog en probeeraan tieners die verskil tussen "projeksie" en "gil" verduidelik.
Dis 'n tydsame proses, maar voordat ons diestof behoorlik uit ons oë (en ons stembande) kan vee, is dit tyd vir dieopeningsaand. Die skoolsaal sit vól - amper 200 mense! Meer as wat ek ooitverwag het. Drie maande se bloed, sweet en trane kom nou tot 'n punt - onder 'nkollig.
Hoewel ek nie meer self my lyf akteur hounie, is ek nog soms op die verhoog met my storievertellery, besig om my naamkrater te maak.
Ek weet wat dit verg. Ek voel die angs endruk saam met die kinders. Teen alle verwagtinge in kry ons die gehoor op hullevoete en party ouers selfs aan't huil.
Ná die vertoning kom ek by die huis, maak 'nbottel wyn oop en kyk deur my notas. Daar is nie so iets soos slegte kritieknie. Ons het nog twee vertonings oor voordat ons aan die AKTV-streeksrondedeelneem.
Maar ek gooi net 'n halwe oog, want diegevoel van bevrediging wat ek ervaar, is beter as enige prys. Selfs al was eknie self op die verhoog nie.
Niemand staan op 'n stage omdat hy moetnie. Om akteur te wees het iets met wil te doen. Die wil om iets te sê wanneermense na jou luister.
Dís die soort mense wat dink hulle kan diewêreld verander. En dis gewoonlik dié wat doen. En divine timing laatdit als gebeur.
Hierdie artikel het oorspronklik in Oktober2019 verskyn. Feite en geite kon intussen verander het - laat weet gerus by digitaal@weg.co.za as jy iets raaksien.
















