Reis

Daar’s ’n slang in die water

Langs 'n watergat
Langs 'n watergat

Diewatergat is 'n bymekaarkomplek van allerlei voëls: troupante,pylstertrooibekkies, mikstertbyvangers, witborskraaie, witooievaars,berghane...

Drietot vyf uur ná sonsopkoms begin die gevlekte sandpatryse swerms vorm. Hulleduik af op die watergat, bad, drink en speel.

Onswas op pad om te ry toe ons 'n gevlekte bondel met vere in die water sien: 'nluislang! Die slang het sy lyf om 'n gevlekte sandpatrys gerol en dit gevreetdat net vere oorbly. Nádie maaltyd het Ta oopbek gelê terwyl insekte om sy oop bek fladder.Hy't in die water gespeel en later vir lang rukke onder die water gelê. Ons wasverstom hoe min hy opgekom het om asem te haal.

Laterhet die slang oorgeswem na die ander kant van die watergat en onder die watergelê - al wat ons kon sien, was sy oop bek en gesplete tong.

Volgensons slangboeke kom die Suider-Afrikaanse luislang nie eintlik in die Kalaharivoor nie. Die veldwagters het ons wel ingelig dat hulle die slange wat hulle indie gemeenskap vang, in die reservaat vrylaat.

Nodeloosom te sê het ons die volgende oggend ure vir mnr. Slang gewag, maar hy wasskoonveld.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM