Hou jy van die idee van kamp, maar wil jy gemaklik wees? De Kuile-tentkamp bied vier safaristyl-tente wat elk 2 mense kan akkommodeer. Die tente deel 'n badkamer met spoeltoilette en warm storte.
Kook, braai, eet en gesels by die ten volle toegeruste gemeenskaplike kombuis-boma, en koel af in die plonspoel op die boma-dek wanneer die Karoo-son jou looi.

Montagu is 'n plek waar jy kan stap, fietsry, voëlkyk, plantegroei verken, lees en ontspan. Bespreek die hele kamp vir 'n gesellige byeenkoms.
Gratis Wi-Fi beskikbaar.
Kontak 082 577 2025 (Susan); info@ouberg.co.za; ouberg.co.za/dekuile





















