Reis

Dis altyd somer hier

(Amy Jordaan)

Geleë in 'n klein, prentjiemooi dorpie genaamd Leiure Bay, tussen Margate en die Wildekus, is die TO STRAND vakansieoord wat jou ook alles bied vir die ideale gesinswegbreek - om nie te praat van die subtropiese weer nie!

(Amy Jordaan)

Die oord grens aan 'n klein, semi-private, stil strand met lewensredders oor naweke en vakansies, sowel as haainette vir ekstra veiligheid. Dit spog met 'n driester-gradering, WIFI in alle eenhede en publieke areas sowel as die karavaanpark. Die oord vorm deel van 'n groter bewaringsarea, wat beteken jy kan voëls kyk en klein wild sien op die wandelroetes deur die omringende subtropiese woud.

(Amy Jordaan)

Daar is verblyf vir almal, met 63 selfsorg-chalets (kies tussen 4 of 5 persone per chalet), 141 groot kampplekke, en selfs ‘n "glanstent". Die kampeerterrein het twee ablusieblokke wat daagliks gediens word en elke staanplek het water en 'n kragpunt.

(Amy Jordaan)

Geriewe ideaal vir die hele gesin - en besigheid!

  • 'n Moderne konferensiesentrum met Wi-fi, lugverkoeling, oudio-visuele fasiliteite en met drie sale wat tussen 80 en 300 gaste kan akkommodeer, sowel as 'n restaurant wat sal bontstaan met watertand etes vir almal.
  • Gaste sononderdrankies geniet by die kroeg en basiese benodigthede by die winkel kry.
  • 'n Speletjieskamer met ping pong en 'n tiener ‘chill' area
  • Mini-gholf
  • Visvang
  • Swembad
  • Wandelroetes
  • 'n Vermaakprogram gedurende vakansies.
(Amy Jordaan)

Elke jaar neem ongeveer 7 000 kinders deel aan hul veldskool kampe en die TO STRAND avontuurervaring. Skole maak jaar na jaar gebruik van die geriewe, en die span afrigters is gerig op veiligheid, unieke ervarings, gesonde etes en waarde-vir-geld. Veiligheid is hul nommer een prioriteit, daarom word die oord 24/7 deur 'n sekuriteitsmaatskappy gepatrolleer. Dis werklik 'n plek waar kinders weer kinders word!

(Amy Jordaan)

Besprekings

Maak nou jou skoolvakansiebesprekings! Kontakbesonderhede en meer is beskikbaar by hul webblad: http://www.tostrand.net/tostrand.net

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM