Reis

Dis die draad se skuld

Foto: Lottie Venter
Foto: Lottie Venter

LOTTIE VENTER van Dordrecht skryf: Ek het hierdievlermuis eendag in die veld aan 'n draad gekry. Ek vermoed dis 'n laksman sewerk, maar is dié voëltjie dan in die nag ook bedrywig, of waar sou hy aan dievlermuis gekom het? En kan hy prooi wat só groot is, hanteer?

Die voëlkenner WARWICK TARBOTON antwoord: Fiskale enlaksmanne kan maklik klein vlermuise vang en vreet, maar hierdie vlermuis is waarskynlikte groot om te vang en te hanteer. Ek wil raai dat die vlermuis in die draadvasgevlieg het. Vlei- en grasuile is gereeld die slagoffer van hakiesdraad;dieselfde kan 'n vlermuis seker dan ook oorkom.

Hierdie artikelhet oorspronklik in Weg #120 (Oktober 2014) verskyn.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM