
As jy gereeld hier op ons webwerf kom inloer, het jy seker al opgemerk dinge lyk effens anders.
Weg! Ry & Sleep word nou deel van Netwerk24 saam met ander gewilde Afrikaanse tydskrifte soos ons sustertydskrif, Weg!, Huisgenoot, Sarie, Landbouweekblad, Tuis, Finweek, Baba en Kleuter en Kuier. Ons gaan dié digitale woning ook met die Afrikaanse dagblaaie (Beeld, Die Burger en Volksblad), die Sondagkoerant Rapport en sowat 30 streekskoerante deel.
Wat beteken dit vir jou? Afgesien van die jongste nuus, ontleding en kommentaar wat jy van Netwerk24 verwag, is daar nou vir jou groter waarde met die toevoeging van ons tydskrifte se inhoud.
Hierbo sal jy ‘n reeks skakel sien om jou na die onderskeie tydskrifte se webtuistes te neem. Jy gaan eersdaags op dié skakels kan klik om digitale kopieë van enige van die koerante of tydskrifte te lees. En jy kan self jou platform kies… jou selfoon, tablet of rekenaar. Hierdie digitale weergawes gaan nét soos die bladsye in ons tydskrif lyk.
Vanaf 1 November gaan ons ook die meerderheid van ons artikels in ‘n webvriendelike formaat beskikbaar stel. Jy kry dus nog ‘n manier om ons stories te geniet.
Hoe kan jy toegang tot al hierdie inhoud? Maklik! Jy teken in op Netwerk24 vir slegs R99 per maand.
Welkom en lekker lees!
Schalk
Redakteur: Weg! Ry & Sleep












