Reis

Gee ’n ou alternator groter skop

Diep in die bos het 'n mens nie die luukse van 220 V-krag nie en jou eintlike antwoord is sonpanele en/of 'n kragopwekker.

'n Dubbelbatterystelsel steun op die laaivermoë van jou sleepvoertuig. Die standaardverstelling van voertuie se spanningsreëlaar vir die alternator is 13,8 V en 14,4 V vir ander.

Met hierdie verstelling laai die alternator net 10 A/h, wat beteken 'n gemiddelde grootte diepsiklusbattery (100 A/h) sal 10 uur neem om te laai.

Om dié tyd met die helfte kort te knip is 'n spanningsreëlaar van 14,7 V die antwoord. Dit stoot die alternator se vermoë op tot 20 A/h, maar 'n mens moet liewers nie met 'n nuwe voertuig se alternator peuter terwyl dit nog onder waarborg is nie.

Tot ses jaargelede het ek 17 jaar met 'n Isuzu 280TD-dubbelkajuit-4x4 die wêreld vol gery. Op my eerste ernstige toer deurKaokoland het 'n dubbelbatterystelsel my in die steek gelaat, want ek hetuiteindelik met afgeloopte batterye gesit.

Terug by die huis besluit ek om 'n tweede alternator - 'n Bosch - te installeer, maar dit was ook nie die antwoord nie. Ná baie lees kom ek reg by 'n plaaslike besigheid wat vir my 'n 14,7 V-spanningsreëlaar het, spesifiek vir 'n Bosch-alternator.

Dis toe dat ek sien die soort kombinasie laai teen 20 A/h. Dit laai ook die batterye tot dit bykans volle kapasiteit bereik. Ten minste is dit 'n antwoord as jy 'n ou voertuig het en nie omgee om aan die alternator te verander nie.

Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief enontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutstetoere en slypskole in jou inboks.

Volg ons op dieYouTube-kanaal WegTV (kykons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM