Reis

Happy Wanderers, Suidkus

'n Mens kan dit sommer al sien in die moderne en netjieseontvangskantoor, waar jy 'n kontantdeposito moet betaal vir jou toegangskyfieom die hek oop te maak.

Hier is 86 staanplekke in die kampterrein wat tussen die treinspoor endie strand lê, en die meeste van hulle is in die koelte met gras.

Die een groot jammerte is dat die stranderwe vir die chalets uitgehou is- jy kan dus nie met jou wa langs die strand staan nie.

Jy't keuse tussen gras-, sand- enbeton-staanplekke, asook volson, gedeeltelike skadu en volskadu.

Teen 'n fooi kan jy in een van hulle karavane bly as jy nie jou eie totdaar wil sleep nie. Hulle gaan sit hom op 'n staanplek en kry als reg, nog voorjy opdaag.

Daar is 'n ry struike tussen jou en die see. Van die meeste staanplekkeaf kan jy dus nie die see sien nie.

Jy kan ook nie van jou staanplek af reguit see toe loop nie, maar moetmet die paadjie langs stap tot by die groot ablusieblok in die middel van dieoord en dan afdraai see toe.

Die strand hier is iets om te sien.

Bo en behalwe dat dit voel of dit nie einde het nie, is die swembaddens,trampoliens, swaaie en klimrame sommer rég op die strand gebou.

'n Mens kan amper sê dit is die grootste sandput waarin jou kinders ooitsal speel.

Terwyl die kroos hier baljaar, kan jy jou langsaan in die restaurant ofkroeg gaan tuismaak en iets hap ('n steak met eier en tjips kos R140 en 'nburger R95), iets sluk ('n 340 ml-koeldrank kos R18) of die sport op TV kyk.

Só staan sake

Jou staanplek is gelyk en ordentlik genommer, maar nie oral afgebakennie.

'n Mens moet jou oordeel gebruik om te besluit hoe ver jy na watter kanttoe jou kamp kan opslaan.

Vir ons het dit gelyk asof elke staanplek basies tussen die tweebetonbraaiers lê. (Die braaier is dus in die hoek van jou staanplek.)

Onthou jou verlengkoord, want die kragpunt is vir 'n gewone huissok enjy deel hom met die bure.

Die braaier is van beton en staan omtrent kniehoogte - onthou jourooster.

Bring sommer jou grondseil ook, ingeval jy op 'n staanplek sonder grasbeland.

As jy die eerste keer aankom, laat die oordbestuur jou toe om deur dieoord te ry en te kyk of jy 'n plek sien wat jy verkies.

Sorg maar dat jy jou goed mooi toemaak en wegbêre, want hier is apieswat kom loer wat te aas is. Die oordbestuur vra mooi dat jy hulle nie kos geeen verder in hulle kwaad stook nie.

Hier is vier groot en moderne ablusieblokke wat goed skoongehouword, maar nie almal is oop as die oordstillerig is nie.

Die badkamers is van die vloer tot die dak geteël en die deure van diestorte en toilette het ysglas, wat beteken 'n mens se privaatheid is nie vandie beste nie, maar gelukkig kan niemand vir jou staan en kyk nie.

Buite elke ablusieblok is opwasgeriewe, maar onthou tog om jou eiewasbakprop saam te bring.

Daar is ook goed toegeruste 'n winkel; jy kan als van brood,vleis, vars melk, roomys, hout en houtskool tot aas, skoonmaakmiddels enblikkieskos koop.

Kortliks | Happy Wanderers

Beskikbaar krag, selfoon, winkel, restaurant, swem, hond,visvang

Kampplek 86 afgebakende staanplekke, sommige met gras enkoelte.

Ablusiegeriewe 4 moderne en netjieseablusieblokke.

Kontak 039 975 1104/1155; happywanderersza@gmail.com;happywanderers.co.za

Naaste dorp Happy Wanderers is in Pennington.

Hoe lyk die pad? Die laaste 1,5 km tot by dieoord is vol slaggate en jy moet dit stadig vat.

Dís hoe jy ry

  • Ry uit Park Rynie met die R102 na Pennington.
  • Nét nadat jy oor die brug oor die Mzyamirivier is, is daar 'n afdraai nalinks (jy sal Happy Wanderers se bord hier sien). Dit is Abramsweg - draai hierlinks.
  • Volg dié pad (jy ry oor die treinspoor) tot by die hek.

GPS S30.354400 E30.717594

Hierdie artikelhet oorspronklik in Augustus 2016 verskyn. Ons probeer nuwe inligtingbywerk, maar feite en geite kon intussen verander het - laat weet gerusby digitaal@weg.co.za as jy iets raaksien.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM